Sal die Fed dié keer suk­ses be­haal?

A­me­ri­kaan­se uit­leen­koer­se is op 2,5% die hoog­ste in tien jaar en die Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad lyk vas­be­slo­te om rentekoerse ver­der te ver­hoog. Sal dié stra­te­gie uit­ein­de­lik die im­mer ont­wy­ken­de “sag­te lan­ding” mee­bring?

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

daar is ’n on­heil­spel­len­de oor­een­koms tus­sen die hui­di­ge wis­sel­val­lig­heid op wê­reld­mark­te en die so­ge­naam­de “ta­per tan­trum” van mid-2013. Dié keer kan die uit­koms waar­skyn­lik an­ders wees. Ben Ber­nan­ke, oud­voor­sit­ter van die VSA se Fe­de­ra­le Re­ser­we­raad (Fed), het ge­dreig om die mak­li­ke geld ge­lei­de­lik te ver­min­der of te be­perk ná die wê­reld­wye fi­nan­si­ë­le kri­sis van 2008 wat mark­te laat duik het – maar die Fed het hom be­dink en sy plan­ne om rentekoerse teen die jaar­ein­de te be­gin ver­hoog op die lan­ge­baan ge­skuif.

Ont­lui­ken­de mark­te was toe, soos nou, die groot­ste slag­of­fers van die Fed se plan­ne om din­ge weer te “nor­ma­li­seer”. Dit is ver­er­ger deur die ver­lang­sa­ming van C­hi­ne­se groei en die toe­ne­men­de skuld­las van ont­lui­ken­de mark­te. Met die Fed se plan­ne op die lan­ge­baan het ont­lui­ken­de en wê­reld­mark­te eg­ter gou her­stel en die Dow, ná ’n skerp da­ling, het 2013 26,5% ho­ër af­ge­sluit, op­nuut deur goed­koop geld oor­spoel.

Nou lyk die Fed vas­be­slo­te om rentekoerse ver­der te ver­hoog, on­danks die mark se her­nu­de ver­set. Die Dow toon af­ge­plat­te tot negatiewe groei vir 2018, met A­me­ri­kaan­se uit­leen­koer­se op ’n tien­jaar­hoog­te­punt van 2,5%. Tog is het ein­de niet: die Fed be­plan nog ’n koers­ver­ho­ging in De­sem­ber en moont­lik nog drie in 2019.

Eers teen ein­de 2015 het die Fed die vry­moe­dig­heid ge­had om met sy koers­ver­ho­ging­stra­te­gie te be­gin. Dit word ui­ters ge­lei­de­lik ge­doen, aan­ge­sien die Fed be­dag bly op la­ten­te in­fla­sie­druk in die A­me­ri­kaan­se ekonomie, on­danks ’n ef­fen­se ver­be­te­ring in Bbp-groei.

Daar is ’n sie­ning dat die era van goed­koop geld ver­by is. In werklikheid is rentekoerse in A­me­ri­ka nou ge­lyk­staan­de aan in­fla­sie en steeds la­er as e­ko­no­mie­se groei, wat be­te­ken die A­me­ri­kaan­se ekonomie is teg­nies steeds op sti­mu­le­rings­ge­bied.

Wat die mark­te op hol ge­jaag het, was dat die Fed die woord “ac­com­mo­da­ti­ve” uit sy jong­ste mo­ne­tê­re be­leids­ver­kla­ring ver­wy­der het. Dit wys dat die ren­te­koers­om­ge­wing min­stens na ’n “neu­tra­le” si­tu­a­sie be­weeg het, met ver­de­re ver­ho­gings wat ver­se­ker ’n “ge­tem­per­de” om­ge­wing sal skep waar koer­se tot ho­ër as in­fla­sie en groei sal styg, wat na ver­wag­ting in­ge­vol­ge die nu­we sce­na­rio stoom sal ver­loor.

Dit is waar die plan werklikheid word en die Fed se sti­mu­le­ring­stra­jek we­sen­lik eindig. Wat die prak­tie­se uit­wer­king gaan wees, weet nie­mand nie. Vo­ri­ge er­va­ring wys eg­ter dat ho­ër rentekoerse ge­woon­lik in tra­ne eindig, aan­ge­sien sty­gen­de fi­nan­si­ë­le kos­te oor ’n breë spek­trum van e­ko­no­mie­se ak­ti­wi­tei­te ’n na­de­li­ge uit­wer­king op e­ko­no­mie­se be­dry­wig­he­de in die al­ge­meen het.

Dié “oor­re­ak­sie” het ’n negatiewe uit­wer­king op aan­de­le­mark­te. Dit dwing sen­tra­le ban­ke ge­woon­lik om koer­se te be­gin ver­laag.

In 2013 het die Fed ge­re­ken die e­ko­no­mie­se om­ge­wing is te on­be­sten­dig om met ’n ge­lei­de­li­ke ver­la­ging te be­gin. Met A­me­ri­kaan­se groei nou eg­ter op 3% tot 4%, werk­loos­heid op 3,7% en loon­groei net-net bo­kant 3%, is die om­ge­wing meer be­vor­der­lik vir ren­te­koers­ver­ho­gings (on­danks pre­si­dent Do­nald Trump se on­lang­se kri­tiek op die Fed se stra­te­gie).

In Ju­nie 2013 het die Jse-in­deks van al­le aan­de­le met 10% te­rug­ge­sak, wat baie met van­jaar se pres­ta­sie oor­een­stem. Soos die Dow het dié in­deks eg­ter na die ein­de van die jaar se kant toe ste­wig her­stel, wat weer eens op die sterk ver­band tus­sen die plaas­li­ke mark en wê­reld­wye ten­den­se wys. Sou die Fed sy hui­di­ge stand­punt hand­haaf, is dit on­waar­skyn­lik dat die JSE van­jaar sterk sal her­stel. Sou die Fed eg­ter te­rug­krab­bel en sy voet van die rem­pe­daal lig, sal die JSE ver­se­ker daar­by baat vind.

Vo­ri­ge po­gings van die Fed om ’n “sag­te lan­ding” te be­werk­stel­lig deur rentekoerse skiet te gee en dan te ver­hoog, het dik­wels mis­luk. In 1937 is A­me­ri­ka op­nuut in ’n re­ses­sie ge­dom­pel toe die sen­tra­le bank ver­keer­de­lik ge­glo het die om­ge­wing is guns­tig vir ho­ër rentekoerse ná die de­pres­sie van 1933.

Nog ’n klas­sie­ke ge­val van “oor­re­ak­sie” was voor die aan­vang van die 2008-kri­sis toe Alan G­reen­span, voor­sit­ter van die Fed, rentekoerse tot ’n “be­heers­de” vlak ver­hoog en dit la­ter die A­me­ri­kaan­se ei­en­doms­mark laat in­plof het, toe sleg­te skuld in twy­fel­ag­ti­ge fi­nan­si­ë­le in­stru­men­te die ban­ke en an­der fi­nan­si­ë­le in­stel­lings on­der groot druk ge­plaas het.

Gaan dit dié keer an­ders wees? Ef­fek­te ver­skaf en­ke­le lei­dra­de. Tot on­langs het kort­ter­myn­koer­se in A­me­ri­ka vin­ni­ger as lang­ter­myn­koer­se ge­styg, ’n aan­dui­ding dat mark­te twy­fel of die Fed suk­ses sal be­haal. ’n Sty­ging in kort­ter­myn­koer­se tot ho­ër vlak­ke as lang­ter­myn­koer­se is ’n ge­wis­se te­ken van pro­ble­me in die toe­koms, aan­ge­sien be­leg­gers vas­hou aan re­la­tief lan­ger­ter­myn­skuld teen koer­se wat as meer re­a­lis­ties be­skou word.

Die op­brengs op A­me­ri­kaan­se tien­jaar­ef­fek­te het van 2,8% teen mid­del van­jaar tot 3,2% op­ge­skiet, teen­oor 1,8% toe Trump ver­kies is. In­te­res­sant ge­noeg steek die tien­jaar­ef­fek op 3,2% vas, al het tal­le be­ken­de fi­nan­si­ë­le in­stel­lings voor­spel dit sal teen die ein­de van die hui­di­ge ver­ho­ging­si­klus 3,5% of selfs 4% haal.

Dit wys die mark is nie haas­tig om weer by die nu­we kli­maat wat die Fed ge­skep het, aan te pas nie. Die mark bly agterdogtig dat als dalk sleg kan eindig en is dus ver­sig­tig is om te glo die Fed weet wat hy doen.

Daar is na­tuur­lik ’n an­der moont­lik­heid: dat die Fed wel suk­ses sal be­haal. Daar was groot twy­fel toe Ber­nan­ke die wê­reld in 2008 ge­red het deur die slui­se oop te trek en met die Fed se be­leid van kwan­ti­ta­tie­we ver­rui­ming geld te druk om mark­te ’n hup­stoot te gee. Dit was pre­sies die teen­oor­ge­stel­de van hoe die o­wer­he­de in 1929 ge­re­a­geer het. Die wê­reld het se­dert­dien die vrug­te van Ber­nan­ke se op­tre­de ge­smaak.

Dié keer ver­hoog die Fed dalk rentekoerse tot net bo neu­traal, met mark­te wat ef­fe te­rug­sak en dan ge­lei­de­lik her­stel ter­wyl in­fla­sie ge­demp en e­ko­no­mie­se groei be­sten­dig bly - die sag­te lan­ding.

Dit sal eg­ter hit­te­te wees. ■ te­rug­[email protected]­week.co.za

Maar­ten Mitt­ner is ’n fi­nan­si­ë­le vry­skut­joer­na­lis en mark­ken­ner.

Die mark bly agterdogtig dat als dalk sleg kan eindig en is dus ver­sig­tig om te glo die Fed weet wat hy doen.

Ben Ber­nan­ke Voor­ma­li­ge Fed­voor­sit­ter

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.