Vir Bla­de

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot -

Hy is ons oom by bin­ne­land­se sa­ke

Hier­die uit­ga­we se Zoe­loe-woord is

Bo­na is kyk/sien, as­ook hul­le.

Bo­na, Bla­de N­zi­man­de is aan­ge­stel as waar­ne­men­de mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke. Bo­na, hy is die reg­te man vir die taak.

Ek kan hom bo­na in ’n ry by bin­ne­land­se sa­ke, waar hy saam met ons al­mal suk­kel. Hy is el­ke man. Ek kan hom sien as daar­die oom met die bran­de­wyn­a­sem wat daar staan om ’n nu­we ID te kry, maar hy staan al die af­ge­lo­pe drie uur in die ry vir ge­boor­te­ser­ti­fi­ka­te. Ek weet jy kan hom ook bo­na.

Bo­na, hy kan die man wees wat saam met sy vrou daar staan om­dat sy sy ID ver­brand het en sy hom nou straf om­dat hy met ’n tan­de­lo­se vrou in die sje­bien flan­keer het.

Hy is mis­kien die ver­vreem­de pa wat deur sy vol­was­se dog­ter na bui­te­land­se sa­ke ge­sleep is na­dat sy hom op­ge­spoor het en nou sy van wil aan­neem. Sy glo sa­ke vlot nie om­dat die voor­va­ders kwaad is en dat hul­le s­legs te­vre­de ge­stel sal word as sy die N­zi­man­de-van haar eie maak. bo­na.

Jy kan hom bo­na waar hy kwaad word wan­neer hul­le hom ver­tel dat hy aan­lyn ge­re­gis­treer moes ge­wees het. Aan­lyn, waar­voor? Vol­le­di­ge ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat, vir wie? #Ho­me­af­fairs­must­fall.

Jy kan sy stem hoor as hy vra om jou pen te ge­bruik wan­neer jy klaar is. Maar dis nie jou pen nie en die ei­e­naar kyk jou kwaai aan, dus haal jy jou skou­ers op en ig­no­reer Bla­de.

Hy is die hoogs ge­leer­de oom wat nie ver­staan waar­om hy iets so pri­mi­tief moet doen as om in ’n ry by bin­ne­land­se sa­ke te staan nie.

Hy is nie ge­luk­kig oor hoe hy op sy pas­poort­fo­to lyk nie.

Bla­de is een van ons. Hy ver­staan ons ge­suk­kel by bin­ne­land­se sa­ke. Werk­lik, ja. Jy kan dit een­vou­dig bo­na.

Dan is daar die Bo­na-tyd­skrif.

In ver­vloë ja­re wou baie men­se hul­self op Bo­na se blad­sye sien, toe het In­sta­gram die Bo­na-ef­fek ge­de­mo­kra­ti­seer – Bo­na, mi­na. Bo­na, mi­na.

Mi­na be­te­ken my, dus be­te­ken “Bo­na, mi­na” kyk na my.

- Me­lu­si se #e­ver­y­day­zu­lu deur Me­lu­si Ts­ha­ba­la­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.