DIE GOEIE

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Die par­le­ment se por­te­feul­je­ko­mi­tee op o­pen­ba­re on­der­ne­mings het sy fi­na­le ver­slag in­sa­ke aan­ty­gings van staat­skaping by E­s­kom en Trans­net aan­vaar, het fin24.com be­rig. Die ver­slag be­veel ook aan dat voor­ma­li­ge hoof­de by E­s­kom voor die staat­skapings­kom­mis­sie moet ver­skyn en dat stap­pe ge­doen moet word teen “Du­du My­e­ni, Du­du­za­ne Zu­ma, Ra­jesh Gup­ta, A­tul Gup­ta en A­jay Gup­ta om­dat hul­le nie op ver­soek voor die kom­mis­sie ver­skyn het nie”, het die web­tuis­te be­rig. Of stap­pe wel ge­doen gaan word, moet ons nog sien, maar dié ver­slag is beslis ’n stap in die reg­te rig­ting om staat­skaping oop te vlek en om be­trok­ke­nes ver­ant­woord­baar te hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.