ON­WET­TI­GE SIGARETTE

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

In die af­ge­lo­pe drie maan­de het die mark­aan­deel van on­wet­ti­ge sigarette van 33% tot 42% van die plaas­li­ke si­ga­ret­mark ge­groei, vol­gens Ip­sos se ta­bak­mark­stu­die wat on­langs be­kend ge­stel is. In ’n ver­kla­ring het die Ta­bak­in­sti­tuut van Sui­der-a­fri­ka (Ti­sa) ver­dui­de­lik dat ’n pak­kie sigarette wat min­der as R17,85 kos as on­wet­tig be­skou kan word, om­dat dit die be­drag is wat aan die Suid-afrikaanse In­kom­ste­diens (SAID) ver­skul­dig is. Vol­gens die ver­slag word Gold Le­af To­bac­co se Rg-si­ga­ret­han­dels­merk, wat teen R10 per pak­kie ver­koop en tans die groot­ste ver­ko­per in Suid-a­fri­ka is, dus as on­wet­tig be­skou. Vol­gens Ti­sa het on­wet­ti­ge ta­bak­pro­duk­te ’n im­pak van R8 mil­jard op die SAID se in­kom­ste. “Dit is mak­lik om be­las­ting te ver­hoog, maar dis nie ’n op­los­sing nie,” het Ti­sa se voor­sit­ter, Fran­cois van der Mer­we, ge­sê. “Dit is be­ter om te be­gin deur be­las­ting in te vor­der van die­ge­ne wat kies om glad nie be­las­ting te be­taal nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.