BHP wil stroom­op swem

Dié myn­maat­skap­py, met sy hoof­kan­toor in Aus­tra­lië wil ’n teen­si­klie­se be­leg­gings­me­to­de aan­wend en be­lê wan­neer me­ta­le nie in aan­vraag is nie. Maar om dié plan te hand­haaf, sal ’n groot ma­te van vas­be­ra­den­heid ver­eis.

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

vra die mees­te pro­fes­si­o­ne­le be­leg­gings­men­se in die me­taal- en myn­bou­mark, en hul­le sal sê die wê­reld se myn­maat­skap­pye neig om met die stroom saam te gaan. Wan­neer die vraag na me­ta­le hoog is, pro­du­seer hul­le meer en be­stee hul­le meer om nu­we ga­te in die grond te gra­we. Teen die tyd dat die nu­we my­ne ge­bou is, is die re­de vir die bou daar­van – die toe­ne­men­de vraag – on­ge­luk­kig weg.

Dit, in ’n vrees­li­ke oor­ver­een­vou­di­ging, is die te­o­rie van pro-si­klie­se be­leg­ging.

BHP, die myn­bou­maat­skap­py met sy hoof­kan­toor in Mel­bour­ne en een van die groot­ste maat­skap­pye op die JSE vol­gens mark­ka­pi­ta­li­sa­sie, wil dit al­les ver­an­der deur ’n teen­si­klie­se be­leg­gings­me­to­do­lo­gie te volg – om te be­lê as me­ta­le nie in aan­vraag is nie.

Dit is nie ’n nu­we i­dee in die sek­tor nie. Vol­gens ont­le­ders be­lê slegs Ang­lo A­me­ri­can ge­noeg in nu­we pro­duk­sie om vraag en aan­bod van me­ta­le in ba­lans te hou – maar hul­le het nog nie suk­ses­vol in die toer­tjie ge­slaag nie. Vol­gens Bhp-sy­fers in ’n on­lang­se voor­leg­ging oor sy be­ste­dings­plan­ne, het die Top40­wê­reld­myn­fir­mas se­dert 2008 $900 mil­jard be­lê.

Hier­van het aan­deel­hou­ers $350 mil­jard ge­kry, ter­wyl nog $250 mil­jard af­ge­skryf is.

PWC, ’n pro­fes­si­o­ne­le­diens­te-groep, het in sy “Mi­ne 2018”-ver­slag in Ju­nie ge­sê dat aan­deel­hou­ers­op­brengs­te meer as ver­dub­bel het van $16 mil­jard in 2016 tot $36 mil­jard. Voor­uit­sig­te op grond van hui­di­ge vlak­ke van pres­ta­sie toon dat di­vi­den­de van­jaar waar­skyn­lik re­kord­hoog­tes sal be­reik. Dit is op grond van sy eie oor­sig van die Top40-maat­skap­pye.

Maar hy het ge­vra of die taak om op­brengs­te al­tyd hoog te hou, vol­hou­baar is. “Aan­deel­hou­ers wat die bloei­si­klus­se van 2008 en 2012 er­vaar het, sal nou graag die be­lo­ning vir hul ge­duld wil hê, aan­ge­sien op­ti­mis­me en wins­te te­rug is,” het Mi­chal Kot­ze, Pwc-lei­er vir A­fri­ka-nuts­diens­te, e­ner­gie en hulp­bron­ne ge­sê.

“Maar die on­mid­del­li­ke ver­soe­king vir gro­ter op­brengs­te – vir aan­deel­hou­ers of an­der be­lang­heb­ben­des – moet ook op­ge­weeg word teen die voort­du­ren­de be­hoef­te om te be­lê vir vol­hou­ba­re lang­ter­myn­waar­de,” het hy by­ge­voeg.

Vol­gens RBC Ca­pi­tal Mar­kets, ’n Ka­na­de­se bank, is die i­dee van teen­si­klie­se be­leg­ging ’n be­na­de­ring wat baie ge­va­re in­hou. “Daar is se­ke­re uit­da­gings in die be­geer­te om na teen­si­klie­se be­leg­gings te be­weeg wat baie ver­skans is,” het Ty­ler Bro­da, ’n ont­le­der vir die bank, ge­sê.

“Om ver­be­ter­de veel­vou­de en bo­ge­mid­del­de op­brengs­te te ver­se­ker, moet die raam­werk nie net deur si­klus­se, maar ook deur be­stuur­span­ne, ge­volg word,” het hy ge­sê. Dit is moei­lik om te doen om­dat dit ’n nu­we in­sti­tu­si­o­ne­le DNS ver­eis; ’n ma­nier om din­ge te doen, nie net om­dat dit die jong­ste mo­de is nie, maar om­dat dit ’n ge­woon­te is.

“Die be­geer­te om teen­si­klies te be­lê, is al­les goed en wel in te­o­rie, maar om veer­krag­tig­heid te bly wan­neer skuld in ’n af­swaai groei, di­vi­den­de daal en (in te­o­rie) veel­vou­de ty­de­lik ver­laag, sal aan­sien­li­ke vas­be­ra­den­heid ver­eis, ver­al met die ter­my­ne van be­leg­gings­ho­ri­son­ne wat al hoe kor­ter word,” sê hy.

Ty­dens ’n Gold­man Sa­chs­kon­fe­ren­sie in Lon­den in No­vem­ber het die bank be­vind dat myn­maat­skap­pye erg ri­si­ko-sku vir myn­bou­pro­jek­te is. “Die am­per­se ineenstorting van die sek­tor in 2015 is steeds vars in die ge­heue van bei­de be­leg­gers en be­stuur­span­ne, en dit dryf vol­ge­houe dis­si­pli­ne in ka­pi­taal­toe­ken­ning,” het hy ge­sê.

En ’n on­lang­se al­ge­me­ne da­ling in die waar­de van myn­bou-aan­de­le het hul­le daar­aan her­in­ner dat hul­le nie hul fo­kus vir ’n en­ke­le oom­blik moet ver­loor nie.

Ka­pi­taal word hoof­saak­lik aan­ge­wend vir uit­brei­dings of om pro­duk­sie-op­een­ho­pings uit te ska­kel. Hy het by­ge­voeg dat maat­skap­pye by die kon­fe­ren­sie “... saam­ge­stem het dat daar geen mul­ti­mil­jard­dol­lar­pro­jek­te op die ho­ri­son is nie, en dat die lys van le­wens­vat­ba­re pro­jek­te klei­ner en min­der op­win­dend word.”

Die bank het die hui­di­ge be­na­de­ring van myn­maat­skap­pye be­skryf as “’n tyd­perk van self­be­heer­sing”. Maar is die be­leg­gings­mark oor­tuig daar­van dat myn­maat­skap­pye hul Da­mas­kus-oom­blik er­vaar het?

Toe Bloom­berg TV vir O­li­via Mark­ham, me­de­be­stuur­der van Blackrock Wor­ld Mi­ning Trust, ge­vra het of sy glo dat myn­maat­skap­pye meer ver­sig­tig­heid en self­be­heer­sing in hul be­ste­dings­ge­woon­tes gaan toon, het sy ge­ant­woord: “Ek hoop so.”

Dié re­ak­sie boe­sem nie juis groot ver­troue in dat die mynbedryf lank self­be­heer­sing kan uit­oe­fen nie. ■ te­rug­[email protected]­week.co.za

Die Top40-wê­reld­myn­fir­mas het se­dert 2008 $900 mil­jard be­lê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.