Hou si­klie­se be­dry­wig­he­de goed dop

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Astral se re­sul­ta­te vir die jaar tot 30 Sep­tem­ber was uit­ste­kend met dié dat die we­sens­ver­dien­ste per aan­deel by­na ver­dub­bel het. Hy het ook ’n di­vi­dend van 1 050 sent per aan­deel ver­klaar, wat ’n to­ta­le di­vi­dend van 2 050 sent vir die jaar be­te­ken (teen­oor net 1 055 sent ver­le­de jaar en 490 sent die vo­ri­ge jaar). Astral is be­son­der si­klies om­dat mie­lies een van sy hoof­in­set­te is. Min­der duur in­voer uit Eu­ro­pa, gro­ter vo­ëls en prys­sty­gings dra al­les tot die wins by. Die les hier is een­vou­dig: Koop Astral wan­neer die bloed vloei en die wins slae kry. Maar moe­nie ver­geet om te ver­koop nie. Ná ’n hoog­te­punt van meer as R300 be­vat die prys al die goeie nuus en ver­han­del die aan­deel nou onder R180. Die di­vi­dend­op­brengs­koers van meer as 9% is nie vas nie en kan vin­nig ver­dwyn.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.