Dié stra­te­gie is ver­war­rend

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kortliks -

Long4li­fe* het ’n aan­deel­te­rug­koop van so­wat R121 mil­joen teen ge­mid­deld 439 sent per aan­deel aan­ge­kon­dig. Ek stem saam dat 439 sent goed­koop is en die maat­skap­py ver­wag waar­skyn­lik dat hy aan­de­le teen ho­ër pry­se vir ver­kry­gings sal kan uit­reik. Wat my ver­war is dat daar in dié moei­li­ke e­ko­no­mie­se tye tog se­ker­lik po­ten­si­ë­le tran­sak­sies teen aan­trek­li­ke pry­se is. En dít is tog se­ker­lik waar­voor die kon­tant ge­bruik moet word. Ba­sies sê die be­stuur dat sy eie aan­de­le die bes­te tran­sak­sie is wat hy kan kry – maar ek is nie daar­van oor­tuig nie. Ek hou die aan­deel, maar ek is be­sorg oor sy stra­te­gie­se be­na­de­ring en kon­tant­ge­bruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.