Moe­nie baie waag nie

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Kolskoot -

Ver­se­ke­ring en te­ë­spoed

Van­dag se Zoe­loe-woord is iets wat baie be­spreek word – umshwa­len­se: ver­se­ke­ring.

Die raad wat Zoe­loe­na­me en woor­de voor­stel vir vreem­de woor­de, be­grip­pe en al­ler­han­de uit­heem­se din­ge (RZNWVVWBAUG) het on­mid­del­lik ge­weet sa­ke­men­se kom met ’n slen­ter toe hul­le ver­se­ke­ring die eer­ste keer in­ge­stel het. Umshwa­len­se is dus nie net die Zoe­loe-weer­ga­we van die woord* vir “ver­se­ke­ring” nie. Nee, die wy­se Zoe­loe-voor­va­ders het ook ’n ek­stra betekenis in­ge­sluit – “shwa”.

**Ishwa is die Zoe­loe-woord vir te­ë­spoed. Dit maak dit dui­de­lik dat die voor­ou­ers be­kom­merd was dat ver­se­ke­rings­maat­skap­pye sal geld maak uit ons vrees vir te­ë­spoed en ons dan nog meer on­ge­luk­kig sal laat voel wan­neer hul­le wei­er om ons ei­se te be­taal. Wie vrees nie ishwa nie? Selfs ons dap­per Zoe­loes vrees dit.

Die voor­va­ders het ook die woord “lens” in­ge­sluit om ons te her­in­ner om ons po­lis­ske­du­les baie nou­keu­rig te fyn­kam. Dit lyk eers as­of die woord “lens” daar is om­dat die Zoe­loe-men­se tra­di­si­o­neel die let­ter “R” haat en dit ver­vang met “L”, maar die RZNWVVWBAUG het dit ook ge­bruik as ’n ge­leent­heid om ons te help om waak­saam te wees. Jul­le was ’n slim klomp Zoe­loe­voor­ou­ers.

Maar al­le grap­pies op ’n stok­kie, hier­die ar­ti­kel be­te­ken nie dat Zoe­loe-men­se ge­kant is teen

umshwa­len­se nie. Ons weet hoe be­lang­rik dit is in die le­we. Soms moet ons selfs umshwa­len­se teen ons­self kry.

*In ’n vo­ri­ge ar­ti­kel het ek ver­dui­de­lik dat Zoe­loe-weer­ga­wes ge­bruik word wan­neer die RZNWVVWBAUG nie die moei­te wil doen om ’n be­hoor­li­ke Zoe­loe-naam of -woord vir iets vreemds te gee nie. Dit ge­beur ge­woon­lik as die ding wat ge­noem moet word hul­le die rit­tel­tits gee.

**Die op­mer­king dat die “shwa” in

umshwa­len­se ver­band hou met die Zoe­loe-woord vir te­ë­spoed, ishwa,

is na­tuur­lik nie waar nie. Ja, ishwa

be­te­ken te­ë­spoed, maar dit het niks met umshwa­len­se te doen nie. Ek maak maar net ’n punt.

- Me­lu­si se #e­ver­y­day­zu­lu deur Me­lu­si Ts­ha­ba­la­la

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.