Ren­mo­tors dreun weer in Ge­or­ge

George Herald - Auto Dealer - - Nuus - FRANÇOIS GERMISHUYS

Hier­die Sa­ter­dag op 28 A­pril, gaan al­le mo­tor­sport­paaie weer na Ge­or­ge se skou­ter­rein lei. Die Ge­or­ge-mo­tor­klub bied hul jaar­lik­se “Cham­pi­ons of Cham­pi­ons” by­een­koms vir die se­wen­tien­de keer aan.

Daar sal in agt klas­se mee­ge­ding word. Dit is die Ont­wik­ke­lings­klas, 1660, Pink Rods, 2,1, Hits­mo­tors, Mid­get, He­a­vy Me­tal en Ge­mo­di­fi­seer­de V8-klas. Al­te­sa­me 78 mo­tors het reeds teen die pu­bli­ka­sie­da­tum in­ge­skryf. Groot na­me soos Ma­ri­us Vos, An­dré Nel, An­dré Fou­ché en Ty­ger­berg se Du Pes­sis pa en seun-span is van die na­me in die 1660-klas. Dié klas het reeds 22 in­skry­wings.

Vir die 2,1-klas het Bur­ger van der West­hui­zen, Ter­si­us van Ton­der en JP Kot­ze reeds in­ge­skryf. Die Ho­trod-klas spog ook met groot ster­re wat reeds in­ge­skryf het, waar­on­der Qu­en­tin El­lard, Nic­ky Koe­ge­len­berg, Dy­lan Nel (SA1), Bry­an G­rim­beeck (SA2), L­le­we­lyn Kot­ze, Han-Kock Brand en Ti­aan Louw, wat die room van die klas se ja­ers in­sluit.

Die Ge­mo­di­fi­seer­de V8-klas het ook reeds tal­le be­ken­de deel­ne­mers ge­lok. Ben­nie G­rey­ling is te­rug na groot ska­de aan sy mo­tor in Wor­ces­ter en dan is daar an­der har­de­baard­ja­ers soos An­ton P­re­to­ri­us, Pie­ta Vic­tor, Jo­han Kuy­ler, Mor­né Groe­ne­wald en Al­tru de K­lerk.

Die by­een­koms dien as kwa­li­fi­se­ring­wed­ren­ne vir die SA Kam­pi­oen­skap­pe se fi­na­le ron­des la­ter van­jaar.

Die hek­ke o­pen om 09:00 en wed­ren­ne be­gin om 17:00. Die Ge­or­ge-mo­tor­klub se K­nor­tjor-af­de­ling be­gin reeds om 13:00 met hul wed­ren­ne.

Toe­gang vir die by­een­koms is R80 vir vol­was­se­nes en R30 vir kin­ders. ‘n Lek­ker ver­skei­den­heid eet- en drink­goed sal om die baan te koop aan­ge­bied word.

Vir meer in­lig­ting, ska­kel 082 695 4833.

Fo­to’s: François Gel­den­huys

Wil­li­am S­teyn gaan weer die man­ne in die He­a­vy Me­tal-klas se kaar­te deur­me­kaar­skom­mel met sy vin­ni­ge BMW.

Nog `n vin­ni­ge Ford Fies­ta is dié van Oudts­hoorn se An­dré Nel in die 1660-klas.

Cor­né Oost­hui­zen is reg vir die He­a­vy Me­tal-klas met sy vin­ni­ge nu­we Oo­sies Ra­cing BMW.

Ter­si­us van Ton­der van Kaap­stad in ak­sie in die 2,1-klas met sy Ford Fies­ta.

Ben­nie G­rey­ling was on­langs in ‘n on­der­on­sie met die muur op Wor­ces­ter. Die nu­we su­per V8 C­hev is her­stel en is reg vir die Ge­mo­di­fi­seer­de V8-klas.

A­lis­tair Simp­son gaan vir sil­wer­wa­re jaag in sy haas­ti­ge O­pel Cor­sa in die 2,1-klas.

JP Kot­ze van Wor­ces­ter gaan weer ‘n groot fak­tor wees in die 2,1-klas wees met sy Ford Fies­ta.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.