Plaas­li­ke ta­lent was kook­wa­ter by Si­mo­la

George Herald - Auto Dealer - - News - FRANÇOIS GERMISHUYS

Ver­le­de Sa­ter­dag en Son­dag is die ne­gen­de Ja­guar Si­mo­la-heu­wel­ren op Knys­na aan­ge­bied. Die for­maat was dat jy moet pro­beer om met jou mo­tor of bak­kie, ja daar was ‘n Ford Ran­ger bak­kie in die han­de van Pe­ter Lin­den­berg, so vin­nig as moont­lik die 1,9 km-baan teen die heu­wel kaf te draf.

Heel­wat plaas­li­ke deel­ne­mers uit die Suid-Kaap het deel­ge­neem. Van dié wat die oog ge­vang het, was François Co­w­ley, Knys­na se vlie­ën­de po­li­sie­man. Hy het in klas A3 deel­ge­neem met ‘n Ford-aan­ge­dre­we BMW 3-reeks. Co­w­ley het so in die om­ge­wing van 55 se­kon­des ge­neem om die 1,9 km te vol­tooi.

Nog deel­ne­mers van Knys­na was die Bo­wer-fa­mi­lie. Wil­lem het met sy be­ken­de Toyo­ta Tazz deel­ge­neem in Klas B5 en Ja­c­ques was weer teen­woor­dig met sy be­ken­de Ford Escort Mrk 11. Wil­lem en Ja­c­ques het me­kaar goed die stryd aan­ge­sê in die­self­de klas en die Escort het net­net ge­wen.

Ta­nya Watts van Knys­na het soos in die ver­le­de, die toe­skou­ers op hul­le voe­te ge­had met haar blit­si­ge Su­ba­ru WRX tur­bo. Sy het in klas B1 deel­ge­neem en het in die 1,9 km in so­wat 56 se­kon­des af­ge­lê.

Ge­or­ge se top­deel­ne­mers was die pa en seun-span van Ni­co en Ju­li­an van Rens­burg. Ni­co het met sy vin­ni­ge en wel­be­ken­de VW S­ci­roc­co mk1 ge­jaag en Ju­li­an het sy pa aan­ge­vat in die ewe be­ken­de swart Han­kook VW Golf. Die he­le na­week was die gort gaar in klas B5 tus­sen pa en seun. Al­bei van hul­le het in die kwa­li­fi­se­ring­ron­des op die baan ge­tol, maar na die na­week se jaag het Ju­li­an sy pa, Ni­co, met 0,4 se­kon­des ge­klop.

Dit be­te­ken twee Ge­or­ge-deel­ne­mers op die po­di­um in die eer­ste en twee­de plek, met Ja­c­ques Bo­wer van Knys­na der­de met sy Escort. Die vier­de plek in die klas was nog ‘n Knys­na-mo­tor, dié van Wil­lem Bo­wer met sy Toyo­ta Tazz.

Die Su­per­mo­tor­klas

A7 het twee plaas­li­ke in­skry­wings in­ge­had.

Die blit­si­ge en splin­ter­nu­we 570

S M­cLa­ren’s van

Ernst du P­reez van S­til­baai en Ou­baai se Ja­c­ques W­heeler. Die mo­tors was splin­ter­nuut toe hul­le in Knys­na aan­ge­kom het. In dié klas was Du P­reez twee­de met ‘n skit­ter­tyd van 46,2 se­kon­des - slegs 1,03 se­kon­des ag­ter Da­wie O­li­vier wat die klas ge­wen het in sy blit­si­ge Ja­guar F-TY­PE koe­pee SVR. Ja­c­ques W­heeler kon slegs die ses­de plek be­haal in die klas, met I­zak S­pies van Jo­han­nes­burg vyf­de. Die d­rie M­cla­ren’s het deur­ge­dring na die Top Ten Su­per­car S­hoot­out waar S­pies ‘n der­de plek be­haal het, Du P­reez was vier­de met W­heeler ses­de.

Ons hoop ons sien al­mal weer by die 2019 - en tien­de - Ja­guar Si­mo­la Heu­wel­ren.

Knys­na se blit­si­ge po­li­sie­man, François Co­w­ley.

Ta­nya Watts, Knys­na se vlie­ën­de vrou in haar ge­lief­de Su­ba­ru WRX.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.