Dié bie­lie is be­trou­baar en bil­lik

George Herald - Auto Dealer - - Voorblad -

Die ou­li­ke E­ti­os is nou be­kend­ge­stel in ‘n be­perk­te 'S­port' luik­rug. Dit is ‘n mo­tor­tjie vir die in­di­vi­du wat graag meer per­soon­lik­heid wil wys en dit het ‘n spog­ge­ri­ge twee­kleur­af­wer­king met ‘n sterk kon­tras.

Die ou­li­ke E­ti­os is on­mis­baar on­der die pas­sa­siers­mo­tors van Toyo­ta Suid-A­fri­ka en bied be­kos­tig­ba­re, be­trou­ba­re en prak­tie­se ge­bruik. Die E­ti­os is in ’n luik­rug- en se­dan­weer­ga­we so­wel as ‘n Cross-mo­del be­skik­baar.

Die reeks volg op die be­kend­stel­ling van die ver­be­ter­de S­print-weer­ga­we in 2017 en kry op­nuut ’n mag­dom op­gra­de­rings as­ook ’n be­perk­te mo­del.

Die E­ti­os ver­koop knap, met ge­mid­deld 1 000 een­he­de per maand wat ‘n tuis­te kry. Die sy­fer be­te­ken dit ver­skyn ge­reeld on­der die ge­wild­ste tien mo­tors op die ver­ko­pe­lys. Die luik­rug­mo­del­le ver­teen­woor­dig ge­mid­deld 65% van ver­ko­pe (waar­on­der ook die Cross-weer­ga­we) ter­wyl die se­dan­mo­del­le ge­wild bly by ge­sin­ne op soek na die gro­ter ba­ga­sie­ruim wat ’n in­houds­ver­moë van 562 li­ter het.

BE­PERK­TE WEER­GA­WE

Die op­win­den­de nuus van Toyo­ta se kant is die be­kend­stel­ling van ’n be­perk­te “S­port” mo­del. Die E­ti­os S­port vol­doen aan die nu­we nei­ging vir in­di­vi­du­a­li­teit en ko­pers wat hul per­soon­lik­heid wil wys. Dit spog met tref­fen­de twee­kleur­af­wer­king. S­port het ’n swart dak en kant­pi­la­re wat kon­tras­k­teer met glet­ser­wit of re­tr­o­rooi aan die on­der­ste deel van die romp. Die twee­kleur-blit­sie staan werk­lik o­ral uit.

’n Swart sier­roos­ter, deur­spie­ël­hou­ers en af­wer­king aan die lug­skort ag­ter op die dak, rond die tref­fen­de twee­kleur­be­han­de­ling af.

Die S­port-mo­del word ver­der on­der­skei deur sy 15”-al­looi­sier­wie­le in hel­der sil­wer wat by die Cross-weer­ga­we ge­leen is vir ek­stra tref­krag. Dié wie­le met 185/60/R15-ban­de ge­skoei is, bied ’n puik ba­lans tus­sen ge­mak, rat­se han­te­ring en lae rol­weer­stand.

’n S­port-ken­te­ken rond die pak­ket af. Die S­port is net as luik­rug be­skik­baar.

OP­GRA­DE­RINGS

Die he­le E­ti­os-reeks kry ver­be­te­rings bin­ne, wat be­wys is van Toyo­ta se fi­lo­so­fie om pro­duk­te voort­du­rend te ver­be­ter.

’n S­plin­ter­nu­we Op­ti­tron-in­stru­men­te­huis word reg­deur die reeks ge­bruik en bied die be­stuur­der be­ter lees­baar­heid. ’n Nu­we toe­re­tel­ler met ’n di­gi­ta­le boog is links aan­ge­bring met die spoed­me­ter wat die uit­leg vol­tooi. Sag­te o­ran­je­kleu­ri­ge ag­ter­grond­be­lig­ting bied ’n een­vor­mi­ge kleur­ske­ma.

Die in­tree­vlak-Xi-mo­del kry op­gra­de­ring in die vorm van e­lek­tries-be­heer­de ag­ter­ste ven­sters, wat dus be­te­ken al­le ven­sters maak oop en toe met die druk van ‘n be­heer­knop.

ENTOESIASTIES

Aan­dry­wing is dank­sy die le­wens­lus­ti­ge vier­si­lin­der-krag­bron van 1,5 li­ter wat 66 kW teen 5 600 r/min le­wer en ’n aan­vul­len­de 132 Nm by 3 000 r/min ont­wik­kel.

’n Uit­ste­ken­de ei­en­skap van die en­jin is sy vrye toe­re en goeie wring­krag be­skik­baar teen la­er spoed. Dit maak die E­ti­os ’n ple­sier om in ver­keer te be­stuur. Die snel­weg skrik E­ti­os ook nie af nie, al is dit ‘n klein mo­tor. Die na­el­lo­pie van 0 tot 100 km word in 11,3 se­kon­des kaf­ge­draf en die top­spoed is 165 km wat E­ti­os een van die rats­ste mo­tors in sy seg­ment maak.

Die le­wen­di­ge en­jin is aan ’n vyf­gang-hand­rat­kas ge­kop­pel wat die voor­wie­le aan­dryf en ’n ge­mak­li­ke rat­kie­rie met styl­vol­le ont­werp. Brand­stof­ver­bruik is erns­tig be­na­der en die amp­te­li­ke ver­bruik is 5,9 li­ter per 100 ki­lo­me­ter in die se­dan, ter­wyl die luik­rug se ver­bruik op 6,0 li­ter per 100 ki­lo­me­ter te staan kom. Die nu­we E­ti­os se CO2-uit­laat­gas word laag ge­hou met amp­te­li­ke sy­fers van 138 en 136 g/km on­der­skei­de­lik.

GEMOEDSRUS

Die E­ti­os-reeks pronk met in­druk­wek­ken­de vei­lig­heids­ei­en­skap­pe en het ’n vier­ster­gra­de­ring van Glo­bal NCAP be­haal. Hier­die tel­ling is dank­sy ak­tie­we en pas­sie­we vei­lig­heid­stel­sels ver­kry. Hier­on­der is: lug­sak­ke vir die be­stuur­der en voor­ste pas­sa­sier, sluit­we­ren­de rem­me (ABS), e­lek­tro­nie­se rem­krag­ver­de­ling (EBD), sit­plek­gor­dels met styf­trek­kers en las­be­per­kers so­wel as ISOFIXan­ker­pun­te vir kin­der­sit­plek.

Die mo­tor het kop­stut­te in al­le mo­del­le en die ag­ter­ste pas­sa­siers kry ook ’n drie­punt­gor­del in al die mo­del­le.

MODELREEKS EN PRYSE

Luik­rug 1,5 Xi - R171 000; 1,5 S­print R176 300; 1,5 Cross - R198 400 en 1,5 S­port R178 800.

Se­dan 1,5 Xi - R179 500 en 1,5 S­print R184 400.

Al­le E­ti­os-mo­del­le word ge­dek deur ’n diens­plan van twee jaar of 30 000 ki­lo­me­ter wat deur ’n waar­borg van drie jaar of 100 000 ki­lo­me­ter ge­rug­steun word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.