Nu­we VW Ar­te­on nou op Mos­sel­baai te kry

George Herald - Auto Dealer - - News -

Die op­win­den­de nu­we Volks­wa­gen Ar­te­on is on­langs met gees­drif deur Volks­wa­gen Mos­sel­baai aan hul klan­te be­kend­ge­stel. Die pre­mi­um-ge­hal­te mo­tor kom­bi­neer ‘n spor­tie­we voor­koms met die e­le­gan­sie van ‘n se­dan en vol­tooi boon­op die lo­pie van 0 tot 100 km in ‘n blit­si­ge 5,6 se­kon­des dank­sy die krag­ti­ge 206 kW wat die 2,9 TSI-en­jin uit­skop.

Die mo­tor maak ook op­slae met ver­skeie nu­wig­he­de wat teg­no­lo­gie be­tref - ge­rief vir die be­stuur­der en vei­lig­heid vir die pas­sa­siers.

Ar­te­on is be­skik­baar in twee hard­wer­ken­de en sui­ni­ge en­jins, voor- en ag­ter­wiel­aan­dry­wing as­ook tal­le di­gi­taal­be­heer­de kon­tro­les.

En­ke­le hier­van is die ak­tie­we in­lig­ting­ver­toon­skerm, ver­toon van be­lang­ri­ke in­lig­ting op die wind­skerm en ‘n nu­we stel­sel vir ver­maak en kon­nek­ti­wi­teit vir pas­sa­siers.

Die Ar­te­on’s het ‘n na­vi­ga­sie­stel­sel met pad­in­lig­ting, as­ook nu­we kop­lig­be­heer wat deur die stuur­stel­sel in­ge­lig word wan­neer die mo­tor ‘n draai in­ry. Die lyn van die pad word dan be­lig net voor die be­stuur­der die kur­we volg.

Twee mo­del­le is be­skik­baar, ‘E­le­gan­ce’ en ‘R-Li­ne’ - die eer­ste meer op ge­rief in­ge­stel en die twee­de mo­del vir die meer spor­tie­we be­stuur­der.

Die sti­le­ring word on­der­streep deur di­na­mie­se kleu­re waar­on­der nu­we ska­ke­rings van geel, blou en rooi wat self ge­sien moet word.

Bin­ne is die voer­tuig ruim, met skoon ont­werp­ly­ne wat tot ‘n doel­ge­rig­te ka­juit by­dra. Volks­wa­gen maak hier ook aan­spraak op die bes­te been­ruim­te in die voer­tuig se klas.

Vei­lig­heid is dank­sy spoed­be­heer, ‘n en­jin­kap wat blit­sig sal lig in ‘n bot­sing met ‘n voet­gan­ger of fiets­ry­er dank­sy ‘n sen­sor. Hier­die me­ga­nis­me sal al­bei par­tye in die bot­sing help be­skerm en die lug­sak­ke sal ook ont­plooi.

Ar­te­on het ook par­keer­ka­me­ras wat in­lig­ting oor die om­ge­wing rond­om op die skerm sal wys.

Die mo­tor is be­skik­baar in ‘n TSI en TDI en­jin­weer­ga­we wat tur­bo-aan­ge­jaag is. Al­bei en­jins het vier si­lin­ders. Die die­sel­en­jin le­wer 130 kW en die TSI, 206 kW.

S­tan­daard aan die mo­tor is ‘n vyf jaar of 90 000 km in­stand­hou­dings­plan en d­rie jaar of 120 000 km waar­borg as­ook ‘n twaalf jaar an­ti-kor­ro­sie­waar­borg. Die diensin­ter­val is el­ke 15 000 km.

Die ster van die aand was Volks­wa­gen se nu­we Ar­te­on 2,0 TSI 4mo­ti­on R-li­ne DSG.

Die ei­e­naars van die eer­ste splin­ter­nu­we Ar­te­on saam met Mos­sel­baai Volks­wa­gen se span. Van links: Da­wid Nie­na­ber, Jar­ryd Be­he­rens, A­li­da Re­tief, A­me­lia Cil­liers (han­de­laar­hoof), Bil­ly Crou­camp, me­neer en me­vrou Es­sop, Gi­de­on K­noet­ze, An­dré Ver­wey, Jaco van der Mer­we, Ryno B­rett, Ri­aan S­prong, An­ne-ma­rie Ver­meu­len en Ly­net­te Strauss.

Van links: Bur­ton du P­les­sis, A­li­da Re­tief, De­ni­se en Ri­aan S­prong.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.