‘At­le­tie­se’ nu­we Mit­subis­hi T­ri­ton

George Herald - Auto Dealer - - News -

Die tref­fen­de nu­we T­ri­ton Athle­te Spe­ci­al E­di­ti­on van Mit­subis­hi maak aan­spraak op die goue me­dal­je dank­sy ‘n he­le paar uit­mun­ten­de ei­en­skap­pe. Dit is op die be­kroon­de T­ri­ton 4x4dub­bel­ka­juit-ou­to­ma­ties ge­grond en word in Mit­subis­hi se aan­leg in T­hai­land mon­teer.

Die Athle­te word vol­le­dig na Suid-A­fri­ka in­ge­voer en spog met be­ter vei­lig­heid en meer toe­rus­ting, I­so­fix-kin­der­sit­plek-an­ker­pun­te en ’n 3,1-ton-sleep­ver­moë om die ge­sin se leef­styl­toe­rus­ting saam te neem.

Die spor­tie­we romp­sti­le­ring­stel en by­pas­sen­de bin­ne­ruim­af­wer­king, as­ook be­ter vei­lig­heid en meer toe­rus­ting kos ook niks meer nie. Dié def­ti­ge nu­we weer­ga­we word teen die­self­de ver­koop­prys as die T­ri­ton 4x4dub­bel­ka­juit in ou­to­ma­tie­se weer­ga­we aan­ge­bied ‘n at­le­tie­se prys van R559 995.

Hoe­wel ge­rief, voor­koms, ver­rig­ting en tal­le an­der voor­de­le in die T­ri­ton vir die lang af­stand saam­werk, is die vei­lig­heid van die in­sit­ten­des net soos die laas­te 100 me­ter in ’n hin­der­nis­ren steeds die be­lang­rik­ste oor­we­ging.

Die T­ri­ton Athle­te met ‘n pas­sa­siers­mo­tor se ge­rief, het se­we lug­sak­ke (dub­be­le lug­sak­ke voor, kant­lug­sak­ke, ‘n be­stuur­der­knie­lug­sak en lug­sak­gor­dyn), I­so­fix-kin­der­sit­plek­an­ker­pun­te, sy­slag­sta­we en ’n ho­ë­sterk­te­staal­romp­struk­tuur vir meer doel­tref­fen­de ver­ster­king.

Die voor­de­le wat veel­sy­dig­heid en prak­tie­se aan­wen­ding moont­lik maak, is pre­sies wat in die seg­ment vir top­ge­hal­te dub­bel­ka­juit­bak­kies ver­lang word vir die ge­sin se leef­styl­ko­pers wat ‘n ak­tie­we en a­von­tuur­li­ke voer­tuig ver­eis.

“Mit­subis­hi se nu­we T­ri­ton Athle­te vol­doen aan die be­hoef­tes van die mo­der­ne leef­styl­seg­ment in die luuk­se dub­bel­ka­juit­mark,” sê Nic Camp­bell, hoof­be­stuur­der van Mit­subis­hi Mo­tors Suid-A­fri­ka (MMSA).

VOOR­KOMS

Die toon­aan­ge­wen­de nu­we T­ri­ton Athle­te met sy dui­de­li­ke o­ran­je en swart sti­le­ring vol­doen ge­wis aan die ver­eis­tes van in­di­vi­due en ge­sin­ne wat vol­uit leef met a­von­tuur­li­ke en spor­tie­we ak­ti­wi­tei­te soos bran­der­ry, berg­fiets­ry, sweef­skerm­vlieg, per­de­spring en selfs Mo­to­cross of veld­mo­tor­fiets­ry.

Die T­ri­ton Athle­te is in t­wee kleu­re be­skik­baar – wit en grys. Dit word deur o­ran­je en swart bui­te en bin­ne ge­ken­merk wat die spor­tie­we ont­werp ver­der be­na­druk.

Die nu­we­ling se mooi o­ran­je ont­wer­pak­sen­te en swart af­wer­king is u­niek aan die Athle­t­e­mo­del en sluit nu­we af­wer­king vir die voor­ste buf­fer, ’n nu­we swart sier­roos­ter en nu­we swart buf­fers voor en ag­ter, so­wel as swart wiel­nis­skerms in.

Die nu­we 17”-al­looi­sier­wie­le is styl­vol en ’n in­ge­bou­de ag­ter­ste deur-lug­skort is don­ker­grys en o­ran­je met swart hoog­te­pun­te op die kant­trap­pe, deur­spie­ëls, deur­hand­vat­sels en ag­ter­ste buf­fer. Die som­to­taal van die ont­werp is ‘n meer at­le­tie­se voor­koms as sy stal­maats.

Die stil ka­juit het twee­kleur-leer­sit­plek­ke met o­ran­je in­set­sels. Die o­ran­je te­ma word voort­ge­sit met o­ran­je stik­werk van die leer­sit­plek­ke, stuur­wiel, rat­hef­boom, deur­pa­ne­le en die mid­del­kon­so­le.

Die T­ri­ton Athle­te is op die in­ter­na­si­o­na­le T­ri­ton Ad­ven­tu­re X-ont­wik­ke­ling ge­grond wat Bi-xe­non-lig­di­o­de­kop­lig­te, dag­lig­ry­lig­te (DRL’s), ’n mul­ti­wer­king-stuur­wiel, pe­daal­wis­sels vir die ou­to­ma­tie­se vyf­gang­trans­mis­sie, ’n op­ge­gra­deer­de in­stru­men­te­hui­sie, ’n slim­sleu­tel-stel­sel met ’n aan­sit­ter­knop vir die stuur­wiel en ou­to­ma­tie­se twee­so­ne­lug­ver­sor­ging.

HAAS­TIG

On­der die en­jin­kap is hoog­te­pun­te van die T­ri­ton Athle­te ‘n ver­fyn­de MIVEC VGT tur­bo­die­sel-en­jin van 2,4 li­ter wat 133 kW teen 3 500 r/min en ’n mas­sie­we wring­krag­piek van 430 Nm teen 2 500 r/min uit­skop.

Te­sa­me met die soe­pel en ak­ku­ra­te ou­to­ma­tie­se vyf­gang-Su­per Se­lect II­trans­mis­sie ’n in­druk­wek­ken­de dryf­stel­sel vir die oop pad, bied dit ook die no­di­ge vir ‘n veld­ry-a­von­tuur, rats­heid in die stad en sleep­werk.

Die T­ri­ton Athle­te is nie net vin­nig uit die weg­spring­blok nie, maar het ook die vin­nig­ste ver­snel­ling in ’n sleep­toets wat deur die in­ter­na­si­o­na­le CAR-mo­tor­tyd­skrif ge­doen is. Die nu­we voer­tuig het ’n sleep­ver­moë van tot 3,1 ton wat klaar­speel met toe­rus­ting soos mo­tor­fiet­se, wa­ter­tuie en selfs ‘n mi­kro­lig­te vlieg­tuig of sweef­skerms.

Die er­ken­de Su­per-Se­lect II­vier­wiel­aan­dry­wing en die bes­te in­vals­hoek (28°), ver­trek­hoek (22°) en oor­brug­gings­hoek (25°) in sy klas, maak die T­ri­ton Athle­te ’n ge­dug­te veld­ry­er vir men­se wat reg­staan vir a­von­tu­re en veld­ry-ak­ti­wi­tei­te.

Die T­ri­ton Athle­te is so rats en lig­voe­tig as ’n hin­der­nis­at­leet dank­sy sy ge­mak­li­ke groot­te. Dit be­weeg ewe mak­lik in stads­ver­keer, in knap ruim­tes op die pad en in die veld en pas ook mak­lik in die mees­te mo­tor­hui­se en par­keer­ruim­tes.

VEI­LIG­HEID

Die vei­lig­heids­as­pek van die T­ri­ton Athle­te be­hels ’n mag­dom ak­tie­we en pas­sie­we vei­lig­heids­ei­en­skap­pe en stel­sels soos veel­vul­di­ge lug­sak­ke en e­lek­tro­nie­se be­stuur­der­hulp­mid­dels. Bui­ten die stan­daard­toe­rus­ting soos ABS met EBD, rem­hulp (BA), ak­tie­we sta­bi­li­teit- en klou­be­heer (ASTC), op­draan­de­weg­trek­hulp (HSA) en Su­per Se­lect 4WD-II 4WD-stel­sel, spog die Athle­te ook met nu­we by­ko­men­de toe­rus­ting en ei­en­skap­pe soos:

3.1-ton-sleep­ver­moë vir be­stuur­ders wat swaar sleep­wa­ens, bo­te, per­de­sleep­wa­ens en­so­voorts sleep

7 lug­sak­ke (dub­be­le lug­sak­ke voor, kant­lug­sak­ke, be­stuur­der­knie­lug­sak en lug­sak­gor­dyn) I­so­fix-kin­der­sit­plek­an­ker­pun­te Di­a­mant­ge­sny­de 17”-al­looi­sier­wie­le wat in swart poei­er­verf af­ge­werk is

O­ran­je plak­kers en swart vorm­stuk­ke vir die voor­ste sier­roos­ter, buf­fer en wiel­nis­se

Bak­seil of ar­ma­dil­lo-be­dek­king so­wel as ’n reeks ver­vaar­di­gers­goed­ge­keur­de by­be­ho­re

BESONDERHEDE

Die T­ri­ton Athle­te word teen R559 995 aan­ge­bied - ‘n spe­si­a­le be­kend­stel­ling­prys - die­self­de as die ge­wo­ne T­ri­ton 4x4dub­bel­ka­juit-ou­to­ma­ties. Die T­ri­ton Athle­te is by al­le Mit­subis­hi-han­de­laars in Sui­der-A­fri­ka be­skik­baar.

Die nu­we T­ri­ton Athle­te het ’n drie­jaar- of/ 100 000 km-fa­briek­waar­borg en ‘n vyf­jaar- of 90 000 km-diens­plan. Ver­sie­ning­stus­sen­po­ses is el­ke 10 000 km.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.