Mo­tor­ver­ko­pe on­der groot druk

George Herald - Auto Dealer - - Nuus - BER­NARD K HELLBERG

Dis se­ker die mens­li­ke aard om s­leg­te nuus te ig­no­reer in die hoop dat dit net ‘n na­re droom is, maar No­vem­ber se voer­tuig­ver­ko­pe – ge­meet teen No­vem­ber 2017 – dui op ‘n ag­ter­uit­gang.

Vol­gens die Na­si­o­na­le Mo­tor­ver­vaar­di­gers­ver­e­ni­ging (Naam­sa), het nu­we voer­tuie met ‘n to­taal van

47 486 een­he­de (4,6%) ge­daal, ter­wyl pas­sa­siers­mo­tors (31 054) ‘n af­na­me van

1 764 een­he­de (5,4%) ge­toon het. Dat die in­di­vi­du­e­le ko­pers suk­kel, word weer­spie­ël in die be­re­ke­ning dat die ver­hu­rings­mark vir na­ge­noeg 23,9% van die ver­ko­pe ver­ant­woor­de­lik was.

Lig­te han­dels­voer­tuie en bak­kie­ver­ko­pe (13 695) het met 891 een­he­de (6,1%) af­ge­neem – ook ‘n slag­of­fer van da­len­de ver­brui­kers­ver­troue en toe­ne­men­de druk op die ver­brui­ker se be­stee­ba­re in­kom­ste.

On­der die top­tien was Toyo­ta steeds op die boon­ste trap­pie van die po­di­um, maar sy to­taal van 10 904 was ‘n dra­ma­tie­se 2 438 een­he­de min­der as in Ok­to­ber. Toyo­ta se al­ge­he­le top­ver­ko­per was weer Hi­lux (3 235) met goeie on­der­steu­ning deur Corol­la met

1 426 ver­ko­pe, Qu­an­tum (1 694) en For­tu­ner met 886 ver­ko­pe. Die ge­bruik­li­ke naas­wen­ner – Volks­wa­gen – het 8 503 ver­ko­pe aan­ge­te­ken dank­sy sy twee staat­ma­kers, Po­lo (3 092) en Po­lo Vi­vo (2 427) wat nu­we tuis­tes ge­vind het. An­der pres­teer­ders in die VW-stal was

Golf 7 met 297 ver­ko­pe, en die Au­di-af­de­ling se in­druk­wek­ken­de 798.

Ford (5 279) be­klee soos ge­woon­lik die der­de plek – aan­ge­help deur Ran­ger (2 506), Fi­go (1 195) en Fies­ta (980). Die vier­de plek on­der die top­tien be­hoort steeds aan Nis­san (5 054) wat ‘n ge­rin­ge ver­be­te­ring is op die maat­skap­py se Ok­to­ber-sy­fers van 4 902. Nis­san se ster­re is NP200 op 1 698 een­he­de, Al­me­ra (520), X-Trail (200) en NP300 (761).

Daar is ‘n groot ga­ping tus­sen die eer­ste vier en Hyun­dai (2 508) in die vyf­de plek weens ‘n af­na­me van meer as 500 een­he­de. Hyun­dai se Grand i10 het 786 ver­ko­pe aan­ge­te­ken – en dit na­dat hier­die mo­del die af­ge­lo­pe aan­tal maan­de ge­reeld die dui­send een­he­de-kerf be­haal het. Re­nault (2 159) het een plek op­ge­skuif tot ses­de al­ge­heel, dank­sy mooi pres­ta­sies deur K­wid (847), San­dero II (554) en C­lio IV (310). In­tus­sen sal I­su­zu op 1 805 ver­ko­pe en se­wen­de al­ge­heel be­sorg wees oor die meer as 600 een­he­de wat hy ver­loor het – ge­meet teen Ok­to­ber se 2 462. Die KB­bak­kie­reeks heet nou MU-X. Die KB het net 815 ko­pers ge­noeg­saam be­ïn­druk, ter­wyl die nu­we naam – D-MAX - da­rem 603 ko­pers se aan­dag ge­trek het. Oo­g­lo­pend sal I­su­zu hard daar­aan werk om sy ses­de plek terug te kry.

Mer­ce­des-Benz (1 630) skuif een plek op na agt­ste on­danks 300 min­der ver­ko­pe teen­oor Ok­to­ber. Kia (1 505) is wan­kel­rig in die ne­gen­de plek en is net een van twee ver­vaar­di­gers on­der die top­tien wie se ver­ko­pe ver­be­ter het teen­oor Ok­to­ber. Sy top­ver­ko­per Pi­can­to (567) is eg­ter ‘n dui­send-per-maand mo­del en be­hoort veel be­ter te doen. An­der pres­teer­ders in die Kia-stal was Rio (297) en die in­druk­wek­ken­de S­por­ta­ge wat 427 nu­we tuis­tes ge­vind het.

Soos die vo­ri­ge maand bly BMW (1 305) in die laas­te plek en in­di­vi­du­e­le mo­del­ver­ko­pe word nie be­kend ge­maak nie.

Van­self­spre­kend val tal­le ver­vaar­di­gers en in­voer­ders bui­te die top­tien, maar speel nog­tans ‘n be­lang­ri­ke rol in die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie. Hier is dit ver­al Ja­guar/Land Ro­ver (356) en Vol­vo (281) wat goed ge­vaar het, as­ook Porsche (115) wat ge­reeld meer as 100 voer­tuie per maand van die hand sit.

Toyo­ta se luuk­se han­dels­naam – Lexus – het eg­ter ‘n be­skeie 69 een­he­de ver­koop en lyk nie in staat om Ja­guar se 98 te troef nie.

In die ü­ber-luuk­se seg­ment be­hoort No­vem­ber aan Fer­ra­ri met 11 ver­ko­pe, ge­volg deur Ma­se­ra­ti (5) en Bent­ley (4). Au­di se s­kit­te­ren­de R8 het eg­ter net een ko­per se hart ge­steel.

Waar­skyn­lik was No­vem­ber se ver­ko­pe – skraal soos dit was – ‘n be­klem­men­de voor­te­ken van ‘n ver­swak­ken­de mark waar die vraag na ge­bruik­te mo­tors reeds 69% van al­le ver­ko­pe be­loop met die spook van sty­gen­de ren­te­koer­se wat om die draai lê en loer.

Lexus in die Toyo­ta-stal se rap­port lees: “Kan be­ter vaar”.

S­por­ta­ge van Kia: ver­koop­sy­fers is stil­weg im­po­sant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.