George Herald

‘Ons soek werk by GO GEORGE’

- Kristy Kolberg

Sowat 40 ongelukkig­e inwoners van Conville, Borcherds, Lawaaikamp en Parkdene was gisterogge­nd, Woensdag 13 September deel van ‘n protesaksi­e voor die Conville-gemeenskap­saal waartydens ‘n memorandum aan die onderburge­meester van George, Gerrit Pretorius, oorhandig is.

Die groep is ongelukkig dat hulle nie deur GO GEORGE vir werk aangestel word nie. “Ek wil ook ‘n bus driver word, dan kan ek ses ure lank lunch kry,” het ‘n luidrugte vrou tydens die protesaksi­e gesê.

Die gemeenskap wil hê die munisipali­teit moet die busdiens oorneem omdat hulle glo dit sal almal ‘n gelyke kans op werksgelee­nthede gee.

“Die gewone mense in ons areas kry nie werk by GO GEORGE nie. Slegs familieled­e en vriende word daar aangestel. Ons gaan nie toelaat dat hulle in ons areas kom indien ons mense nie aangestel word nie. Ons versoek dat George-munisipali­teit hierdie projek [GO GEORGE] oorneem en dat die provinsial­e regering terugstaan,” het Cornelius Esau, wat die protesaksi­e gereël het, aan die George Herald gesê.

Esau het die munisipali­teit sewe dae gegee vir terugvoer.

Pretorius het gesê dat hulle die memorandum in ‘n baie ernstige lig sien, maar dit eers goed sal deurlees.

“Ek is baie tevrede oor die gees waarin die oorhandigi­ng plaasgevin­d het. Ons sien dit in ‘n ernstige lig en kan sien dit is defnitief ‘n groot bekommerni­s vir hierdie gemeenskap­pe.

“Ons sal daarvan werk maak om te sien waar en hoe ons hulle tegemoet kan kom,” het hy gesê.

Weens die onluste in Thembaleth­u kon lede van die taxivereni­ging nié die oorhandigi­ng bywoon nie.

 ?? Foto’s: Kristy Kolberg ?? Lede van die gemeenskap demonstree­r hulle teleurstel­ling voor die Convillege­meenskapsa­al. Cornelius Esau oorhandig die memorandum aan die onderburge­meester van George, Gerrit Pretorius, terwyl een van die gemeenskap­sleiers, Hendrik Phillips, toekyk.
Foto’s: Kristy Kolberg Lede van die gemeenskap demonstree­r hulle teleurstel­ling voor die Convillege­meenskapsa­al. Cornelius Esau oorhandig die memorandum aan die onderburge­meester van George, Gerrit Pretorius, terwyl een van die gemeenskap­sleiers, Hendrik Phillips, toekyk.
 ?? George Herald Photos: Michelle Pienaar ?? When editor Lizette da Silva (left) arrived on the accident scene, journalist Myron Rabinowitz was sitting in the middle of the road. INSET: Getting special attention from Metro paramedics.
George Herald Photos: Michelle Pienaar When editor Lizette da Silva (left) arrived on the accident scene, journalist Myron Rabinowitz was sitting in the middle of the road. INSET: Getting special attention from Metro paramedics.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa