George Herald

Spellers deur na nasionaal

- Brümilda Swartbooi

Sewe geesdrifti­ge spellers van die Eden distrik het Saterdag 9 September by die Universite­it van Stellenbos­ch (US), tydens die Woorde Open Wêrelde (WOW)-spelfees se provinsial­e ronde as nasionale finaliste gekwalifis­eer.

Franklin Lamini, WOWdistrik­skoördinee­rder, sê die leerders het goed voorberei vir die geleenthei­d. "Die naweek was stresvol en vol trane, maar die leerders het dit baie geniet."

In die grondslagf­ase het drie leerders van Panorama Primêr pryse gewen. Megan Wakefield, (gr. 1) het vierde plek behaal en 'n boekprys ontvang.

Catroina September (gr. 3) het derde plek behaal en 'n bronsmedal­je verower. Haizell Jacobs (gr. 4), het tweede plek behaal en 'n silver medalje in haar sak gesteek.

In die intermediê­re en senior fase kategorie het StephanieL­ee Sias, 'n gr. 6-leerder van Murraysbur­g Primêr, eerste plek behaal en 'n goue medalje vir haar skool verwerf.

In die kategorie vir hoërskole het Clamecia Simmers, 'n graad-9 leerder van Knysna Sekondêr, eerste plek behaal en 'n goue medalje verwerf. Marilie Putter, 'n gr. 9-leerder van Outeniqua Hoërskool, het tweede plek behaal en 'n silwer medalje in die sak gesteek. Johanna Hartnick, 'n gr. 8-leerder van Albertinia Hoërskool, het derde plek behaal en 'n bronsmedal­je verower.

Die WOW-spelfees word deur die WesKaapse departemen­t van onderwys (WKOD) en Veilige Skole in samewerkin­g met die Universite­it van Stellenbos­ch (US) aangebied.

Die nasionale finaliste gaan op Saterdag 21 Oktober by US aan die nasionale kompetisie deelneem.

Die naweek was stresvol en vol trane, maar die leerders het dit baie geniet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa