George Herald

Die Canningas is soos goeie wyn

- Pauline Lourens

Die egpaar Trudie en Carry

Canninga sien altyd geweldig uit na hul Sondagmidd­agoptrede by Down to Earth Restaurant in die Herold’s

Bay Eco Resort, want afgesien van die beeldskone uitsig oor die oseaan, is hulle ook boesemvrie­nde met KD Fourie, die eienaar.

Dit motiveer hulle ook om deur die week hard te oefen (hy op sy trompet en sy op haar klawerbord) vir die komende naweek en steeds hul kuns te slyp.

By hul gesellige huis in Glenbarrie gesels ons oor hoe wonderlik dit is dat hulle nog steeds na soveel jare saam dieselfde passie vir musiek kan deel.

In hul ten volle toegeruste musiekatel­jee ontdek ek dat hulle toenemend vaardig raak met musiekopna­mes en hul stemme nou beter klink as ooit.

Hulle is behoorlik soos 'n goeie wyn, raak net beter. Die gevoel waarmee hulle sing gee 'n mens skoon 'n knop in die keel.

Terwyl Trudie al die fynere kunste van klankverme­nging (Steinbergp­rogrammatu­ur) bemeester het, is dit Carry wat sorg dat die musiek herskryf en aangepas word.

Saam skep hulle die klanke van 'n hele orkes deur middel van klankverme­nging. Voeg daarby hulle aangename stemme en jy kry 'n harmoniese geheel.

Boonop is Carry se Franse en Italiaanse uitspraak vlot. Dit is Trudie se klassieke opleiding in klavierspe­el wat sorg dat daar betowerend­e klanke uit die klawerbord kom wat soos ‘n hele strykorkes klink. Tans is hul tot laat snags besig met afrondings­werk vir hulle volgende CD.

Carry gaan self al sy CD’s sny en dit sal beskikbaar wees teen R100 elk.

Dit is gepas dat die bekendstel­ling van die CD, I want to spend my lifetime loving you, by Down to Earth Restaurant plaasvind waar hulle bewonderaa­rs saam met hulle hierdie besonderse mylpaal kan vier.

Die geleenthei­d sluit 'n driegang buffetete en ‘n CD teen R225 per persoon in en kan op die webwerf http://heroldsbay­resort. co.za/ bespreek word.

Die CD is propvol meesleuren­de romantiese musiek.

"Ons hou net van opgewekte en vrolike melodieë," verduideli­k Carry. Dit is voorwaar 'n voorreg om te sien dat daar Georgiete is soos die Canningas wat hulle inspan om hul liefde vir musiek met andere te deel.

Saam is hulle 'n gedugte span.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa