George Herald

POSDUIFKLU­BUITSLAE

- Jannie Meyer

Met vanjaar se wedvlugsei­soen wat byna op 'n einde is, is die meeste klubs se voorlopers in die klubkampio­enskap reeds so ver voor dat hulle nie maklik in hul opmars gestuit gaan word nie.

Die vraag is egter of hulle genoeg stamina het om hul posisies in die oorblywend­e ses vlugte te beveilig.

Twee ope-kompetisie­s is weer Saterdag aangebied toe die duiwe vanaf Hopetown oor sowat 505km moes vlieg.

Die eerste wedvlug is om 06:45 afgeskop waarna die tweede groep om 07:00 losgelaat is.

KLUBUITSLA­E: OUTENIQUA POSDUIFKLU­B

Die wenners van die twee wedvlugte, Ronnie Stevens en Ben McGlaughli­n, het uitstekend gevaar deur heelwat punte in te samel.

Die twee wenduiwe was onderskeid­elik om 13:14:51 en 13:20:03 tuis in George.

Flip du Toit is egter nog gerieflk voor op die punteleer.

Die sewe duiweboere het saam 60 posduiwe vir die twee wedvlugte ingeskryf.

UITSLAE

Ope-wedvlug I:

1& 2 B McGlaughli­n; 3 J&L Lofts; 4,5, 6, 8 & 10 Ronnie Stevens; 7 & 9 Flip du Toit. Ope-wedvlug II:

1 & 9 Ronnie Stevens; 2 & 6 Van Wyk Lofts; 3 & 4 J&L Lofts; 5, 8 & 10 B McGlaughli­n; 7 Flip du Toit.

Punteleer:

Volpuntste­lsel:

1 Flip du Toit 2683; 2 Van Wyk Lofts 2386; 3 J&L Lofts 2265; 4 Ronnie Stevens 1967;

5 B McGlaughli­n 1743; 6 B Muller 1154; 7 Deon & Tina Boshoff 640; 8 J Gericke 143.

PROTEA POSDUIFKLU­B

Fourie Hokke het beide wedvlugte gebuit en in die proses ook belangrike plekke onder die eerste 10 ingeneem.

Die junior Stefan May is egter nog gerieflik voor op die punteleer.

Die voorste duiwe het 'n gemiddelde spoed van 77kmp/u oor die 506km gehandhaaf.

UITSLAE

Ope I:

1,6 & 8 Fourie Hokke; 2, 4 & 5 Stefan May; 3 Blue Stratos; 7 Overhill Lofts B; 9 &10 Jeff & Wikus Lofts.

Ope II:

1, 4 & 8 Fourie Hokke; 2 & 6 Blue Stratos; 3 D&S Hokke; 5 & 9 Stefan May; 7 & 10 Jeff & Wikus Lofts.

Puntestand:

1 Stefan May 2652; 2 Jeff & Wikus Lofts 2350; 3 D&S Hokke 2027; 4 Blue Stratos 1731; 5 Fourie Hokke 1517; 6 Spice Girl 891; 7 Francois Stander 465; 8 Overhill B 403.

GEORGE POSDUIFKLU­B

Tobie Ellis II en Willem Zeelie was onderskeid­elik die wenners van die twee wedvlugte.

Leon van Rooyen, wat so ver die seisoen baie bestendig gevaar het, het genoeg gedoen om steeds die eerste plek op die punteleer te beset.

Die voorste duiwe is onderskeid­elik om 13:05:07 en 13:15:25 geklok.

UITSLAE

Ope I:

1 Tobie Ellis II; 2 & 3 Springbok; 4,6, 9 & 10 Leon van Rooyen; 5 Cobus Nelson; 7 Harm Venter; 8 Willem Zeelie.

Ope II:

1 & 8 Willem Zeelie; 2 Cobus Nelson; 3 & 10 Lady Kate Lofts; 4 & 5 Leon van Rooyen; 6 Springbok; 7 Harm Venter; 9 Tobie Ellis II. Punteleer:

1 Leon van Rooyen 1523; 2 Lady Kate Lofts 1453; 3 Harm Venter 1327; 4 Tobie Ellis II 1259; 5 Willem Zeelie 1244; 6 Springbok 1207; 7 Cobus Nelson 831; 8 Tobie Ellis 23.

PACALTSDOR­P POSDUIFKLU­B

Francois Marais het Saterdag amok gemaak in die wedvlug vanaf Hopetown deur nie alleen beide wedvlugte te wen nie, maar gesamentli­k sewe onder die eerste tien plekke in die twee ope-wedvlugte te buit.

Gary Page het egter goed genoeg gevaar om sy eerste plek op die punteleer te beskerm. Hy het vroeg in die seisoen uitstekend gevaar en 'n goeie voorsprong opgebou wat nie maklik uitgewis kan word nie.

UITSLAE

Ope I:

1,4 & 5 Francois Marais; 2, 3 & 10 Clive Kock; 6 & 7 Gary Page; 8 & 9 Steenkamp Bandits.

Ope II:

1,2, 3 & 10 Francois Marais; 4, 8 & 9 Gary Page; 5 Clive Kock; 6 & 7 BSP Lofts. Puntestand:

1 Gary Page 558; 2 Francois Marais

495; 3 Clive Kock 445; 4 BSP Lofts 441; 5 Steenkamp Bandits 416; 6 Manual & Stoffels 346; 7 Prins Hokke 201; 8 Jan Wolmarans 185.

 ??  ?? Nicole du Plessis (left), who competed on her two ponies, Hat Swenk and Noontide, pictured with Panagiota Tyropolis on Rathmore Two For The Show.
Nicole du Plessis (left), who competed on her two ponies, Hat Swenk and Noontide, pictured with Panagiota Tyropolis on Rathmore Two For The Show.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa