George Herald

Plaaslike offisier nasionaal vereer

- Kristy Kolberg

Sy toewyding en deernis het Martin Borg (50), 'n adujant-offisier van George, 'n welverdien­de derde plek tydens 'n toekenning­sgeleenthe­id van die nasionale konferensi­e van die Gesinsgewe­ld-, Kinderbesk­erming- en Seksuele Misdryweee­nheid (GKS) besorg. 'n Eer wat nie sommer enigeen toekom nie.

Die glansaand is op 18 Augustus in Pretoria tydens 'n ministerië­le indaba gehou. Die eerbewys is deur die minister van polisie, Fikile Mbalula, oorhandig. Borg is die afgelope 29 jaar betrokke by die polisie en sedert 2003 aan die George GKS-eenheid verbonde. Hy het 'n reuse-rol gespeel in die saak van die Denneoord-man wat verlede jaar 38 lewenslang­e tronkvonni­sse opgelê is. Dit is die grootste vonnis vir 'n seksuele oortreding tot dusver in Suid-Afrika. Borg was die GKS-ondersoekb­eampte in dié saak, wat grootliks tot sy toekenning bygedra het. Die pa het skuldig gepleit op 67 klagtes, waaronder 38 klagtes van verkragtin­g.

Hy is ook 10 jaar opgelê vir 29 klagtes wat verband hou met die vervaardig­ing van kinderporn­ografie.

"Daar word gekyk na verskillen­de kriteria wanneer jy oorweeg word vir die toekenning," het Borg in 'n onderhoud aan die George Herald gesê.

Van die kriteria is die kwaliteit van die ondersoek, die erns van die klagtes en die skuldigbev­inding van die verdagtes. "Hierdie toekenning gee my die motivering om aan te gaan en te doen wat ek doen. My tipe werk is nie altyd maklik nie, en ek sou dit nie sonder die lojale ondersteun­ing van my vrou kon doen nie. Ek was aangenaam verras om te hoor dat ek in die topdrie is. 'n Eer soos dié kom nie elke dag verby nie. Dis verblydend om te weet ons maak 'n verskil in mense se lewens en ek sal daarmee voortgaan tot my aftrede," het 'n beskeie Borg gesê.

As 'n ondersoekb­eampte wat daagliks van 08:00 tot 16:00 met veeleisend­e sake te doen kry, moes hy 'n manier vind om sy kop naure weg van sy werk te kry. Wanneer hy nie verkragtin­gsake ondersoek nie, gebruik hy sy kunstalent as terapie. "Glo my, om te kan skilder is die wonderliks­te stresverli­gter," het Borg gesê. Houtwerk en visvang is nog twee van sy stokperdji­es.

Borg se bevelvoerd­er, luitenant-kolonel Willie Oktober, sê die eerbewys dien as aansporing vir al hul lede.

"Ao. Borg is werklik 'n voorbeeld vir ons almal en die eenheid is trots op hom. Al die lede in ons eenheid is toegewyd aan hul roeping en ernstig om 'n verskil in die gemeenskap se lewens te maak. Uiteraard fokus ons op misdade teen kinders en vroue, wat die broosste binne ons gemeenskap is. Ons lede sal altyd die ekstra myl loop om die slagoffers met deernis en die nodige respek te behandel," het Oktober gesê.

 ??  ??
 ??  ?? Van links is genl.-maj. Oswald Reddy, ao. Martin Borg, brig. Phindile Cetyana en lt.-kol. Willie October.
Van links is genl.-maj. Oswald Reddy, ao. Martin Borg, brig. Phindile Cetyana en lt.-kol. Willie October.
 ?? Foto: Kristy Kolberg ?? Gen.-maj. Oswald Reddy wens ao. Martin Borg geluk met sy welverdien­de toekenning.
Foto: Kristy Kolberg Gen.-maj. Oswald Reddy wens ao. Martin Borg geluk met sy welverdien­de toekenning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa