George Herald

Versoek om PW-naam te vervang kry aandag

- Michelle Pienaar

Die versoek van George-raadslid Wilbur Harris om PW Botha-boulevard se naam na Abeeda Harris-rylaan te verander het hewige emosionele reaksie op sosiale media ontlok. Harris het die versoek verlede Maandag by die kantoor van die munisipale bestuurder ingedien. Abeeda Harris (12) was 'n jong slagoffer van die onluste teen die destydse apartheids­regering. Sy is op 13 September 1976 tydens 'n betoging deur onlustepol­isie in Borcherds doodgeskie­t.

George-munisipali­teit het intussen bevestig dat 'n skrywe oor die herbenoemi­ng van PW Botha-boulevard ontvang is. "Ons gee aandag daaraan," het Debra Sauer, die assistent mediaskake­lbeampte, gesê.

Die prosedure van ‘n versoek om 'n straatnaam te verander is soos volg:

a) Die versoek word aan die huldeblyke komitee voorgelê.

b) Indien die versoek deur die komitee ondersteun word, volg ‘n publieke deelname proses.

c) Die publiek word met behulp van die media versoek om insette te lewer.

d) Nadat insette ontvang is, word publieke vergaderin­gs gereël met die betrokke publiek wat geraak word.

e) Na die publieke deelname proses word ‘n volledige verslag met die insette van die publiek en aanbevelin­gs aan die raad voorgelê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa