George Herald

Remgro-hoë praat kaalvuis oor ekonomie

- Michelle Pienaar

Sakelui wat gehoop het vir goeie nuus op die landswye ekonomiese front tydens 'n sakeontbyt met die hoof uitvoerend­e beampte van Remgro, Jannie Durand, as hoofspreke­r, moes maar ekstra suiker in hul koffie gooi. Ofskoon Suid-Afrika se ekonomie kommer wek, lyk dinge darem heelwat beter in

George, het Durand gesê. Verteenwoo­rdigers van verskeie plaaslike besighede het die geleenthei­d verlede Vrydag bygewoon, waarvan die George Herald 'n borg was.

Dit is aangebied deur die Garden Route Developmen­t Agency en het by die NG Moedergeme­ente se kerksaal plaasgevin­d. Louwrens Selzer, 'n direkteur van die agentskap, het die verrigting­e gelei.

Durand het weggesprin­g met wat hy beskryf as 'n wêreldwye "onsekere ekonomiese omgewing" wat dinge vir sakelui bemoeilik. Hy het verwys na polarisasi­e met Donald Trump, verwikkeli­nge in Europa en politieke onsekerhei­d in Suid-Afrika. "Almal kyk na wat in die wêreld aangaan," het hy gesê. "As die ekonomie teen 1% per jaar groei gaan dit 72 jaar neem vir die ekonomie om te verdubbel. Suid-Afrika se bevolkings­groei is 2,4%. Ons kan nie bekostig om ekonomies teen 1% te groei nie," het Durand gesê. Hy het bygevoeg dat George se statistiek ekonomiese groei van 6% toon. Oor 12 jaar gaan die ekonomie dus verdubbel. "Dit is die tipe groeikoers wat ons moet sien in Suid-Afrika," het hy gesê.

"Werklooshe­id is 'n groot probleem in die land, met 53% van die jeug wat nie werk het nie. Dit is verskrikli­k belangrik dat ons ekonomiese groei verbeter. Ons het die swakste ekonomiese groei in Afrika. Ons is swakker as Soendan, die Sahara doen beter as ons."

Durand het gesê mense moet vertroue hê in die regering. "As jy nie mekaar kan vertrou nie, kan jy nie saam werk nie," het hy gesê.

Sy wenke aan sakelui was onder meer om te investeer in iets wat vir jou sin maak. "As jy nie iets verstaan nie, moet jy nie daarin belê nie," het hy gesê. "Verder is dit belangrik dat jy beheer het oor die bestuur van die besigheid. Ons het die grootste sukses behaal in besighede wat ons self begin het, soos tabak en Mediclinic."

Werklooshe­id is ‘n groot probleem in die land, met 53% van die jeug wat nie werk het nie.

 ?? (George Herald), ?? Hoofborge en gaste: Van links: Maryke Landman (Rauch/Gertenbach Prokureurs), Riaan Marais (Nedbank), Deseré Schoeman (Cell C), Elsabe en Norman Carless (Carpe Musicam! Orkes), gasspreker Jannie Durand (Remgro), Anton Roelofse (Business Partners), Marco van Biljoen (The Daily Coffee Café), Hennie Retief (Van Loveren), Lizette da Silva en Ilse Schoonraad Henry Grobler (Business Partners) en Lourens en Ilizma Roux (Huizemark).
(George Herald), Hoofborge en gaste: Van links: Maryke Landman (Rauch/Gertenbach Prokureurs), Riaan Marais (Nedbank), Deseré Schoeman (Cell C), Elsabe en Norman Carless (Carpe Musicam! Orkes), gasspreker Jannie Durand (Remgro), Anton Roelofse (Business Partners), Marco van Biljoen (The Daily Coffee Café), Hennie Retief (Van Loveren), Lizette da Silva en Ilse Schoonraad Henry Grobler (Business Partners) en Lourens en Ilizma Roux (Huizemark).
 ??  ?? Sarel Theron (links) van Brand Trade groet Louis van Rensburg (regs), bekende sakeman en eienaar van Van Rensburgs Veilings & Eiendomme. Agter is Daniel van Schalkwyk, ‘n kollega van Van Rensburg, en Maryke Landman, direkteur van Rauch/Gertenbach Prokureurs se George-tak.
Sarel Theron (links) van Brand Trade groet Louis van Rensburg (regs), bekende sakeman en eienaar van Van Rensburgs Veilings & Eiendomme. Agter is Daniel van Schalkwyk, ‘n kollega van Van Rensburg, en Maryke Landman, direkteur van Rauch/Gertenbach Prokureurs se George-tak.
 ?? George Herald-redakteur ?? Lizette da Silva (links) saam met kollegas van die advertensi­espan, Rozanne Olivier en Julinda Aucamp.
George Herald-redakteur Lizette da Silva (links) saam met kollegas van die advertensi­espan, Rozanne Olivier en Julinda Aucamp.
 ??  ?? Jannie Durand, hoof uitvoerend­e beampte van Remgro, het gaste verstom met ekonomiese statistiek van Indonisië.
Jannie Durand, hoof uitvoerend­e beampte van Remgro, het gaste verstom met ekonomiese statistiek van Indonisië.
 ?? Foto’s: Michelle Pienaar ?? Group Editors: Editor-At-Large, Ilse Schoonraad, in gesprek met die gasspreker, Jannie Durand.
Foto’s: Michelle Pienaar Group Editors: Editor-At-Large, Ilse Schoonraad, in gesprek met die gasspreker, Jannie Durand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa