George Herald

Ja, daar is hoop vir SA - Tim du Plessis

- Pauline Lourens

Die heel belangriks­te vraag, 'Is daar nog hoop vir Suid-Afrika' is aan Tim du Plessis, kykNET se hoof van aktualitei­t, gestel tydens 'n PSG-beleggersv­ergadering verlede Donderdag by Oubaai.

Hy het die vraag op 'n fassineren­de wyse met die nodige realisme beantwoord. Die oudjoernal­is, het sy omvattende insig in die land se leiers onthul en gesê hy glo die adjunk-staatspres­ident, Cyril Ramaphosa, sal 'n goeie opvolger vir Jacob Zuma wees aangesien hy 'n man is met integritei­t.

Maar as uitgeslape politikus is dit sy strategie om nie sy kaarte te wys nie.

"Ramaphosa het weliswaar 'n fout gemaak deur in die media te beland met die aankoop van 'n buffel van R20 miljoen. As sakeman is hy hewig gekritisee­r omdat hy so baie geld kon bestee te midde van 'n see van armoede. Dit het hom meer skade berokken as die Marikana-slagting."

Du Plessis, wat sedert 2014 gereeld in aktuele televisiep­rogramme verskyn, het vir meer as 90 minute onderhoude­nd gesels en 'n volledige uiteensett­ing gegee oor waarom dinge nie so hopeloos lyk as wat Suid-Afrikaners soms voel nie, veral na aanleiding van die geld wat die land verlaat en die Guptas se 'staatskapi­ng'.

"Daar is minder as 'n 50% kans dat president Jacob Zuma sal kan slaag om na 2019 aan bewind te bly. Hy is besig om van sy mag te verloor en die Guptas kan nie meer vir hom doen as wat hul reeds gedoen het nie.

"Daar is dinge in Suid-Afrika aan die gebeur insluitend­e die verset deur die burgerlike samelewing teen die korrupsie wat magtiger is as wat besef word. Die sneuweling van Bell Pottinger en die krisis by KPMG, wys dat Suid-Afrika nog 'n vrye media het wat so belangrik is vir 'n vrye ekonomie en moderne samelewing. Die onafhankli­ke regbank is bemoedigen­d en wonder bo wonder sien die regters kans om so 'n deeglike werk te doen ten spyte van groot druk waaronder hulle verkeer," het Du Plessis gesê.

Skeuring in die ANC

Hy sê Ramaphosa verteenwoo­rdig die ANC se intellektu­ele faksie wat bestaan uit stedelike- en kerklike-groepering waaruit mense soos Oliver Tambo, wat modernitei­t nagestreef het, kom. "Die groepering glo in die land se konstitusi­e. Terwyl die Zumafaksie se ondersteun­ing in die platteland en veral in KwaZulu-Natal lê waar die tradisiona­liste verkeer. Die verdeeldhe­id in die ANC het sy voordele, maar die onbepaalde uitstel van die ANC se Nasionale Konferensi­e (skynbaar nou belê vanaf 16 tot 20 Desember) om die ANC se nuwe leierskap aan te wys sal net tot verdere chaos en onsekerhei­d ly wat die ekonomiese markte tot pessimisme kan stem."

Die huidige dinamika en die energie wat daar tans op grondvlak te bespeur is in die burgerlike samelewing is bemoedigen­d. "Om dinge egter om te draai en die ekonomie op die pad van groei te plaas sal moontlik so lank as 'n dekade neem om te bewerkstel­lig."

 ?? Foto: Pauline Lourens ?? KykNet hoof van aktualitei­t Tim du Plessis, gesels (regs) met Grootbrakk­ers André en Thea Roodt en Susan van Heerden na afloop van sy boeiende uiteensett­ing oor SA se toekoms.
Foto: Pauline Lourens KykNet hoof van aktualitei­t Tim du Plessis, gesels (regs) met Grootbrakk­ers André en Thea Roodt en Susan van Heerden na afloop van sy boeiende uiteensett­ing oor SA se toekoms.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa