George Herald

Busdiens-mosie veroorsaak opskudding

- Michelle Pienaar

Die enorme behoefte aan bekostigba­re vervoer vanaf landelike gebiede na die middedorp het ter sprake gekom tydens 'n Georgeraad­svergaderi­ng verlede Woensdag.

AIC-raadslid Abel Kiwit het 'n mosie ter tafel gelê waarin hy versoek dat die GO GEORGEbusd­iens, of 'n alternatie­we busdiens, voorsien word aan inwoners van Haarlem, Avontuur, Uniondale, Herold, Waboomskra­al,

Geelhoutbo­om,

Glentana, Wilderness, Kleinkrant­z, Touwsrante­n en na die George-lughawe.

Die mosie is deur die DA verwerp en die ANC het buite stemming gebly. Van die kleiner partye, ACDP, Icosa, PBI,

SAC en VF Plus het die mosie ondersteun.

'n Facebook-inskrywing waarin Kiwit te velde trek oor die DA se besluit om teen die mosie te stem, het groot ongelukkig­heid in die raad ontketen.

Van die DA-lede het gevoel hul lewens word bedreig deur die inskrywing.

Die mosie vra vir 'n beperkte diens in die oggende (07:00) en namiddae (17:30) gedurende die week, en 'n busrit oor naweke soggens (07:00) en smiddae 14:00. "Waar die behoefte groter is kan 'n meer gereelde diens gelewer word," lui die mosie. Kiwit versoek verder dat die diens gesubsidie­er word aangesien dit langer afstande is. "Mense betaal al vanaf Herold na George R400 net om inkopies te doen. Hierdie inwoners wil ook in aanmerking kom vir werk- en opvoedkund­ige geleenthed­e wat in die middedorp aangebied word," het hy gesê.

Ofskoon die DA teen die mosie gestem het, blyk dit dat die uitrol van die busdiens na die Wilderness-omgewing en Heroldsbaa­i wel in die kaarte is, maar vir later.

Waboomskra­al, Geelhoutbo­om, Hoogekraal en

Uniondale was nie deel van die aanvanklik­e beplanning nie.

Alvorens die diens na Wilderness en Heroldsbaa­i uitbrei, moet fase 4 eers geskied - die uitrol van die busdiens na Thembaleth­u, Lawaaikamp, Borcherds, Conville en Parkdene.

Mense betaal al vanaf Herold na George R400 net om inkopies te doen.

"Sodra daardie fase stabiel is, sal die laaste twee fases (na die Wilderness-omgewing en Heroldsbaa­i) ook in volgorde uitgerol word. Daar is nie tans enige bevestigde implemente­ringsdatum vir die uitrol na Thembaleth­u nie," het GO GEORGE-bestuurder, James Robb, gesê.

Munisipale woordvoerd­er, Chantel Edwards-Klose, het bevestig dat 'n terugvoers­essie oor die GIPTN later vandeesmaa­nd met die raad en ander rolspelers gehou word.

 ??  ??
 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? AIC-raadslid Abel Kiwit tydens die raadsverga­dering verlede Woensdag (27 September).
Foto: Michelle Pienaar AIC-raadslid Abel Kiwit tydens die raadsverga­dering verlede Woensdag (27 September).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa