George Herald

Veranderin­g van PW Botha-boulevard

-

Colin Halgryn, George:

Verwys na die opskrif in die George

Herald van 28/9, 'Hernoem P.W. Botha na Abeeda Harris'. In kort wil raadslid Wilbur Harris 'n straatnaam wat vernoem is na 'n oorlede premier van RSA; en LV van George, hernoem hê na sy suster wat in tragiese omstandigh­ede 41 jaar gelede oorlede is. Ek en ek glo vele ander inwoners van George, het regtig hope simpatie en medelye met die afsterwe van raadslid Harris se jonge sussie van 12 jaar... 41 jaar gelede. Mnr. Harris se versoek dat PW Botha-boulevard egter voortaan bekend moet staan as Abeeda Harris-rylaan is egter vergesog! Mnr. Harris (broer; maar ook politikus,) motiveer dan ook sy versoek met ".... sal help met die proses van nasiebou, versoening en die regstel van die wanbalans van die verlede". Op papier klink die motivering nogal goed! My teen-argument.

1. Verlede week was daar in drie provinsies .... in slegs drie dae... groot hartseer by ses gesinne nadat geliefdes wreed aangerand/ gemartel/vermoor is .... op hulle plase. Om aan te sluit by mnr. Harris se versoek. Mag die agtergeble­wenes van die gestorwene­s ook nou pleit vir straatnaam­veranderin­gs? Wil glo dat die agtergeble­wenes ook baie verbitterd moet wees!

2. Sedert 1994; toe die nuwe... demokratie­se, verkose regering aan bewind gekom het ('n korte 23 jaar gelede) was daar meer as 3 000 plaasmoord­e.

Die 3 000 ongelukkig­e slagoffers is egter maar/nogtans 'n klein persentasi­e van die totale 299 000 mense wat hul lewens moorddadig verloor het!

Ek/ons, wil weereens aan mnr. Harris al ons simpatie/medelye betuig .... maar...as aan sy versoek voldoen word dan sal die 3 000; of selfs 299 000 se agtergeble­we geliefdes ook mos mag versoek dat straatname hernoem moet word na hulle gestorwe geliefdes. Uiteinde? Totale chaos!

Verder glo ek ook dat ons in die RSA; gedurende PW Botha se ampstermyn, nie naastenby soveel plaasmoord­e ervaar het nie. Sou ons kalm en sonder erge emosie kyk na die rol wat PW Botha gespeel het om George; en sy infrastruk­tuur (o.a. die lughawe) te maak wat dit vandag is ...... wil ek onomwonde pleit dat ons nie moet krap waar dit nie jeuk nie!

Weereens...het baie simpatie met mnr. Harris en sy vriende en familie...maar sy versugting het nie meriete nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa