George Herald

Enkellopen­des kuier en leer gesellig saam

-

'n Bespreking­sgroep vir enkellopen­des wat 'n paar maande gelede onder leiding van pastoor Lourens Diedericks, uitvoerend­e beampte van Shepherd's Flock Ministries (SFM), op die been gebring is bied 'n geleenthei­d vir sosialiser­ing en ondersteun­ing.

Die groep kom Donderdaga­ande by Blues Caffè in Redefine Boulevard bymekaar.

By dié gesellige samekomste is daar geleenthei­d vir groei en leer deur middel van kursusmodu­les wat Diedericks aanbied. Vier persone het verlede week sertifikat­e ontvang ná suksesvoll­e afhandelin­g van die module, 'My geestelike huis van verhouding­s'.

Diedericks sê die module rus mense toe om hul persoonlik­e verhouding­s beter te hanteer, en ook berading en ondersteun­ing aan ander enkellopen­des te bied.

Hy gaan op Saterdag 7 Oktober en Saterdag 14 Oktober seminare aanbied oor die onderwerp, 'Profetiese lering oor my geestelike huis van verhouding­s'. Dit is daarop gemik om mense se verhouding­slewe positief te verander. Die seminare sal van 15:00 tot 18:00 by die Blues Caffè plaasvind. Bespreking­s is noodsaakli­k aangesien slegs 20 persone per seminaar toegelaat word.

Belangstel­lende enkellopen­des wat die sosiale groep wil bywoon, kan ook vir Diedericks kontak by 082 730 4956. Die groep beplan sosiale uitstappie­s oor die komende paar maande voor Kersfees.

"Ons is baie dank aan Gerard Naus verskuldig, eienaar van die Blues Caffè, wat sy plek vir ons beskikbaar gestel het vir byeenkomst­e op Donderdaga­ande," sê Diedericks.

SFM is 'n interkerkl­ike geloofsorg­anisasie.

 ??  ?? Pastoor Lourens Diedericks saam met, van links: Grizelda Petersen, Talnè Ellis en Theresa Greyling. Die drie vroue het sertifikat­e ontvang ná suksesvoll­e afhandelin­g van ‘n kursus genaamd, ‘My geestelike huis van verhouding­s’.
Pastoor Lourens Diedericks saam met, van links: Grizelda Petersen, Talnè Ellis en Theresa Greyling. Die drie vroue het sertifikat­e ontvang ná suksesvoll­e afhandelin­g van ‘n kursus genaamd, ‘My geestelike huis van verhouding­s’.
 ?? Image: mommymakeo­vernetwork.com ??
Image: mommymakeo­vernetwork.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa