George Herald

Frances wil hoop bring met skryfwerk

- Alida de Beer

Die Pacaltsdor­pse onderwyser, Frances Frans, wat besig is om as 'n skrywer te ontpop, het Saterdag haar eerste drie boeke bekend gestel.

Frans se boeke is die resultaat van

'n lewe van uiterste wanhoop, pyn en alkoholver­slawing, maar haar situasie het só radikaal verander, dat sy ander nou inspireer. "Dit is die begeerte van my hart dat ek ten minste één persoon se hart sal aanraak met die lees van hierdie boek," skryf sy in die voorwoord van Die vroulike alkoholis - my stryd teen hel, wat vanjaar uitgegee is.

Frans was op die punt om selfmoord te pleeg toe 'n boodskap van biskop Msimbithi Dlomo van Thembaleth­u op die plaaslike radiostasi­e, Radio Heartbeat, 'n vonkie van hoop in haar hart aangesteek het.

Dlomo, wat Saterdag een van die sprekers was, se aanmoedigi­ng het haar tot ander insigte laat kom en eerder die pen laat opneem.

Frans het die drie boeke binne 'n jaar se tyd geskryf. Sy wil hoop en heling bring met haar skrywery, maar skroom nie om uit te wys dat 'n mens die verantwoor­delikheid moet neem om die regte keuses in jou lewe te maak nie.

Frans het Saterdag vertel dat haar ou lewe een was van emosionele en finansiële mishandeli­ng, erge

Verslawing kán oorkom word, maar slegs deur Hom wat vir ons ‘n nuwe identiteit gee.

alkoholver­slawing, bankrotska­p en 'n familie wat haar "afgeskryf" het. Sy het haar ouers aan die dood afgestaan en 'n ongebore baba verloor wat byna ook haar eie dood veroorsaak het. Die man met wie sy nege maande getroud was, is langs haar vermoor.

Sy wil deur te praat en skryf oor haar donker verlede, ander help om uit húlle "tronk" te ontsnap.

"Verslawing kán oorkom word, maar slegs deur Hom wat vir ons 'n nuwe identiteit gee."

Haar eerste boek, Ek moet praat (2016), is geskryf met diep empatie vir vroue wat die bitter, donker kant van die lewe ervaar het.

In Die vroulike alkoholis - my stryd teen hel, wat vanjaar gepublisee­r is, vertel Frans haar lewensverh­aal en wat tot haar verslawing gelei het, en dan gee sy raad oor hoe om te ontsnap. Haar derde boek, Skeidsmure tussen my en God is in die vorm van dagstukkie­s waarin sy reguit met gelowiges praat oor hul lewenstyl en hoe dit vergelyk met die Bybel se voorskrift­e.

Die bekendstel­ling is bygewoon deur familieled­e, vriende en kollegas van Frans wat haar in donker tye ondersteun het.

Epac, 'n talentvoll­e drama- en dansgroep wat die skrywer op die been gebring het, het 'n kort toneelstuk opgevoer en dansroetin­e gedoen. Daar was ook 'n uitstallin­g van Ninette Gordon, 'n familielid van Frans, se skilderye.

Frans se kollega, Claudio Damons, het vir haar gesing, pastoor Jannie Horne en biskop Dlomo het elk 'n boodskap gebring en 'n vriendin Elsabé Myners, het as seremoniem­eester opgetree.

 ?? Foto’s: Alida de Beer ?? Frances Frans (vyfde van links), by haar boekbekend­stelling saam met familie en vriende, van links: Ninette Gordon (skilder), Elsabé Myners (seremoniem­eester), Byron Frans (seun), biskop Msimbithi Dlomo, Isaac Japhta (broer), Pierre Janse van Rensburg...
Foto’s: Alida de Beer Frances Frans (vyfde van links), by haar boekbekend­stelling saam met familie en vriende, van links: Ninette Gordon (skilder), Elsabé Myners (seremoniem­eester), Byron Frans (seun), biskop Msimbithi Dlomo, Isaac Japhta (broer), Pierre Janse van Rensburg...
 ??  ?? Lede van die Epac-drama- en dansgroep wat opgetree het.
Lede van die Epac-drama- en dansgroep wat opgetree het.
 ??  ?? Frances Frans en Jonathan Sauer, ontwerper van die boekomslag­te.
Frances Frans en Jonathan Sauer, ontwerper van die boekomslag­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa