George Herald

Jans wil nog steeds ‘n verskil maak

- Pauline Lourens

Die skrywer Jans Rautenbach kan onderhoude­nd oor sy filosofieë, oor godsdiens en die gevare van onbeperkte materialis­me gesels.

Sedert my vorige kuiertjie by Jans en sy innemende vrou,

Lizelle - die liefde van sy lewe - het sy skouerleng­te wysgeerlok­ke plek gemaak vir ‘n vleiende, silwergrys borselkop. Sy intense blou oë vonkel lewenslust­ig as hy praat oor sy pas voltooide boek Verskeurde Land wat deel is van die sage wat strek oor 120 jaar, en oor generasies van die Scheepers-familie. Die boek raak aan die temas wat na aan sy hart lê - die Afrikaner en die natuur se oorlewing na die vernietige­nde Anglo-Boereoorlo­g. Sy eie familie het die hartverske­urende ellendes in die oorlog eerstehand­s meegemaak.

Driftig

Mees opmerklik is dat hy driftig en onverpoosd praat en byna nie asem skep om oor die SuidAfrika­ner se lot onder ‘n korrupte regering, uit te brei nie. Dit (die langasem geselsery) is veral verstommen­d omdat Jans aan chroniese emfiseem ly en fisies nie meer die indringerb­ome wat tot teen hulle Denneoord-tuin groei kan gaan afsaag en uitkap soos hy ‘n paar jaar gelede nog gedoen het nie.

Tans hou die onbeheersd­e verspreidi­ng van indringerb­osse ‘n reusegevaa­r in veral vir Denneoord-inwoners wat reg teen die bosse woon (waarvan die grootste gedeelte munisipale grond is).

“Dit is verstommen­d dat ons owerhede nie lesse geleer het uit die Knysna se vernietige­nde brande nie,” sê Jans.

Intussen is daar die opwindende vooruitsig dat een van sy boeke dalk verfilm gaan word en is hy wat Jans is dankbaar vir al die genade van bo.

Nalatenska­p

Jans se grootste hartsbegee­rte is om ‘n verskil te maak.

Sy vyf boeke, en die prag sekerheids­kompleks, Hanja Heath in Port Elizabeth, is deel van sy nalatenska­p. Hy sou nog meer wou doen, maar hy kon nie die idee om ‘n rehabilita­siesentrum in ‘n landelike gebied naby George te skep van die grond kry nie (omdat finansiers nie geredelik na vore gekom het nie).

“Maar beslis lewe die droom nog voort en ek doen alles in my vermoë om dit te laat realiseer. Ek sou ook weer graag as ‘n motivering­spreker wou optree - natuurlik gratis - aangesien ek soveel het om voor dankbaar te wees na die liggaamlik­e terugslae wat die lewe my toegedien het en dan mense met my boodskap van hoop te motiveer.”

Passie

Intussen skryf Jans nog steeds met koorsagtig­e haas aan sy boeke. Skroeioond, ‘n outobiogra­fie, beskryf hoe hy as plaaskind en seun van hardwerken­de sout-vandie-aarde plaasboere ontwikkel het in ‘n sakeman wat ‘n konstruksi­e en daarna ‘n toermaatsk­appy bedryf het nadat hy die bande van alkohol- en dwelmversl­awing in 2003 afgewerp het.

“Ten spyte van my terugslae het my geloof gegroei tot ‘n magtige wapen en ek ken geen vrees nie. My geloof gee hoop vir ‘n beter toekoms vir my vrou, my mense en my land.

“Ek het God gesmeek om my te spaar net totdat die bom ontplof en God was genadig, want nou is ek hier om Lizelle te beskerm - teen alle verwagting­e in, want volgens die spesialist­e moes ek al amper twee jaar gelede gegroet het.”

Jans glo dat as ons almal streef daarna om ‘n verskil te maak, die George-gemeenskap ryklik geseënd sal wees. As almal, insluitend­e amptenary hul plig nakom, des te beter sal die vooruitgan­g van die dorp wees.

 ??  ?? Die George-skrywer Jans Rautenbach, is uitgesprok­e oor die ‘lamsakkigh­eid’ van die owerhede wat sedert 2014 weinig doen om daadwerkli­k aandag te gee aan die dreigende brandgevaa­r op die grense van Denneoord. Sy vrou, Lizelle, en sy katte sorg egter dat...
Die George-skrywer Jans Rautenbach, is uitgesprok­e oor die ‘lamsakkigh­eid’ van die owerhede wat sedert 2014 weinig doen om daadwerkli­k aandag te gee aan die dreigende brandgevaa­r op die grense van Denneoord. Sy vrou, Lizelle, en sy katte sorg egter dat...
 ??  ?? Sjef Emile Nel is die gasaanbied­er by die Oktoberbye­enkoms van die Fynproewer­sgilde.
Sjef Emile Nel is die gasaanbied­er by die Oktoberbye­enkoms van die Fynproewer­sgilde.
 ?? Foto’s: Pauline Lourens ?? Die George-skrywer Jans Rautenbach, en sy aangename en bekwame vrou Lizelle, wat sy manuskript­e tik en versorg, is versigtig optimistie­s dat een van sy boeke verfilm gaan word.
Foto’s: Pauline Lourens Die George-skrywer Jans Rautenbach, en sy aangename en bekwame vrou Lizelle, wat sy manuskript­e tik en versorg, is versigtig optimistie­s dat een van sy boeke verfilm gaan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa