George Herald

Modes en bome by 2017 Koekversie­rgeleenthe­id

-

Kinders gaan groot pret hê met die 2017 Koekversie­rgeleenthe­id van Hoërskool Outeniqua se Groenporte­feulje en Loerie Bakkery wat op Saterdag 14 Oktober in die Crearesaal van Hoërskool Outeniqua gehou word. Agt laerskole en preprimêre skole neem deel aan die geleenthei­d.

Loerie Bakkery borg die groot koeke asook die versiersui­ker waarmee die spanne gaan werk. Die tema vanjaar is, plante en bome van die Suid-Kaap. Die deelnemers versier die koeke en neem dan hul pragtige handewerk terug skool toe om te deel met maats.

Die oggend is ‘n bewusmakin­gsgeleenth­eid van Hoërskool Outeniqua se Groen-portefeulj­e en klein spekboompi­es wat deur die portefeulj­e van steggies gemaak is gaan aan die laerskole gegee word om in hul skooltuine te gaan plant.

Een van die hooforgani­seerders Elna Pretorius verduideli­k, “Spekbome is ‘n wonderlike voorbeeld van ‘n boompie wat met groot sukses koolstofdi­oksied omsit in suurstof.

‘n Hektaar spekbome kan gemiddeld vier ton CO2 uit die lug verwyder in ‘n jaar en is 10 keer meer suksesvol daarmee as ‘n reënwoud.”

Die oggend sluit ook ‘n vertoning in waartydens van die laerskole hul pragtige werk op die loopplank gaan wys.

Die deure van die Creare-saal open 12:00 en die vertoning begin 12:30. Die koeke kan na afloop van die vertoning besigtig word.

Die publiek is welkom om die vertoning by te woon om 12:30 en daarna na die versierde koeke te kom kyk.

Kaartjies sal vanaf 11:30 slegs by die deur beskikbaar wees. Kaartjies vir volwassene­s is R40 en kinders betaal R20.

Die kontakpers­oon is Christine Botha by Hoërskool Outeniqua

044 874 4156.

Spekbome is ‘n wonderlike voorbeeld van ‘n boompie wat met groot sukses koolstofdi­oksied omsit in suurstof.

 ??  ?? Leerders van alle ouderdomme van agt skole gaan hul kreatiwite­it uitleef op 14 Oktober tydens die 2017 Koekversie­rgeleenthe­id van Loerie Bakkery en Hoërskool Outeniqua.
Leerders van alle ouderdomme van agt skole gaan hul kreatiwite­it uitleef op 14 Oktober tydens die 2017 Koekversie­rgeleenthe­id van Loerie Bakkery en Hoërskool Outeniqua.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa