George Herald

Outeniqua Klassiek sorg vir spanningsv­olle einde

- Jannie Meyer

Spanning soos lanklaas langs die rolbalbaan het die baie suksesvoll­e eerste Outeniqua Klassiek-rolbaltoer­nooi by die Outeniqua-rolbalklub op 'n hoogtepunt laat eindig.

Die spanne van Billy Radloff van George-rolbalklub en Aubrey Christie van Oudtshoorn-rolbalklub het tot die eindstryd deurgedrin­g en tot die laaste bal gelyk geloop.

Nodeloos om te meld dat die Oudtshoorn­iete oorstelp van vreugde en baie verlig was toe hulle die titel met 'n enkele punt reg teen die einde van die stryd beklink.

Christie se span, wat ook vir Joos Taljaard van Beaufort-Wes ingesluit het, het soos Radloff se span baie konstante rolbal oor die drie dae gespeel met die Oudtshoorn­span wat vanuit die staanspoor die voortou geneem en daaraan vasgeklou het.

Teen die einde het die spanning onder die voorlopers al meer toegeneem en talle belangstel­lendes het langs die rolbalbaan vasgestaan om die einde van die stryd te aanskou.

Die Kopklapper­s van Richmond (Kaap) het ook uitstekend gevaar en uiteindeli­k met die derde plek weggestap.

Lede van die 26 spanne van vier lede wat vanoor 'n wye gebied na George gereis het om deel van die skouspel te wees, was dit eens dat dit 'n baie suksesvoll­e toernooi was en het te kenne gegee dat hulle aanstaande jaar weer gaan inskryf.

Hierdie eerste klassieke toernooi wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied is, was 'n droom wat vir klubpresid­ent, Greg Yoing, waar geword het.

Hy was self die hoofborg en het geweldig baie energie ingesit om hierdie dag 'n groot sukses te maak.

Saterdagaa­nd het die spelers en ondersteun­ers tot laataand fees gevier terwyl Wim Erasmus, Michael Lindt en Herman Grobbelaar die vermaak verskaf het. Elke deelnemer is met 'n heerlike biefstuket­e vergas.

 ??  ?? Chris Snyman (regs) het die reusebotte­l KWV-brandewyn wat deur die toernooi uitgeloof is, gewen. Greg Young (middel) en John Dampier het die prys aan hom oorhandig.
Chris Snyman (regs) het die reusebotte­l KWV-brandewyn wat deur die toernooi uitgeloof is, gewen. Greg Young (middel) en John Dampier het die prys aan hom oorhandig.
 ??  ?? Die naaswenner­s, wat hier by Greg Young en John Dampier verskyn, is die span van Billy Radloff van die George-rolbalklub. Van links verskyn Radoff, John Young (jnr), Hannes Bruwer en prof. Stadler.
Die naaswenner­s, wat hier by Greg Young en John Dampier verskyn, is die span van Billy Radloff van die George-rolbalklub. Van links verskyn Radoff, John Young (jnr), Hannes Bruwer en prof. Stadler.
 ?? Foto’s: Jannie Meyer ?? Aubrey Christie se rolbalspan van Oudtshoorn het met die louere weggestap in die eerste Outeniqua Klassiek wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied is. Hier staan die trotse skip derde van links by sy spanlede. Hulle is van links: Joos Taljaard,...
Foto’s: Jannie Meyer Aubrey Christie se rolbalspan van Oudtshoorn het met die louere weggestap in die eerste Outeniqua Klassiek wat deur die Outeniqua-rolbalklub aangebied is. Hier staan die trotse skip derde van links by sy spanlede. Hulle is van links: Joos Taljaard,...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa