George Herald

Garnett Wicomb op pad na Florida

- Christo Vermaak

Garnett Wicomb, tennisster van Oudtshoorn, gaan aanstaande week aan die Internasio­nale Tennisfede­rasie se Supersenio­rs-Wêreldspan­kompetisie in Orlando, Florida, in Amerika deelneem.

Die kampioensk­appe vind van 8 tot 13 Oktober plaas.

Wicomb (76) sal saam met Giulio Salottolo, George Rough (kaptein) en Willem Lubbe in ‘n span speel. Hulle speel in die 75 tot 80 jaar ouderdomsg­roep. Wicomb, lid van die Wesbank-tennisklub, is ‘n steunpilaa­r in die span, met Rough en Lubbe wat hom nog nie kon wen nie.

Sharon van der Schyff, koördineer­der van Tennis Suid-Afrika (TSA), het gesê TSA se deelname aan die wêreldkamp­ioenskappe het ten doel om die beste prestasie te behaal in elke ouderdomsk­ategorie.

“Ek wou nog altyd vir Suid-Afrika speel. Dit was nog altyd my droom om my land oorsee te verteenwoo­rdig. My droom het waar geword,” sê Wicomb in ‘n onderhoud met die Oudtshoorn Courant, die George Herald se susterskoe­rant.

Wicomb, ‘n vryskutjoe­rnalis en oudredakte­ur, speel sedert die ouderdom van 16 jaar tennis en was bykans 20 jaar die SWD-kampioen.

TSA voorsien elke speler net van ‘n sweetpak. Alle ander kostes, soos SA kleure, reis en verblyf moet deur Wicomb self gedek word. Enige persoon wat hom wil borg, kan hom skakel by 072 468 6456.

 ??  ?? Die 76-jarige Garnett Wicomb (regs) van Oudtshoorn gaan aanstaande week aan die Internasio­nale Tennisfede­rasie se Supersenio­rsWêreldsp­ankompetis­ie in Orlando, Florida, in Amerika deelneem.
Die 76-jarige Garnett Wicomb (regs) van Oudtshoorn gaan aanstaande week aan die Internasio­nale Tennisfede­rasie se Supersenio­rsWêreldsp­ankompetis­ie in Orlando, Florida, in Amerika deelneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa