George Herald

De Rust gerat vir halfmarath­on

-

Die gewilde Feesbasaar word weer hierdie jaar saam met die Meiringspo­ort-halfmarath­on aangebied.

Die flukse dames en manne van De Rust sal reeds Vrydag 13 Oktober vanaf 11:00 gereed wees met die lekkerste eet- en drinkgoed.

Die registrasi­e van die atlete word vanaf 11:00 tot 21:00 behartig. Atlete moet ‘n afskif van hulle ID saamneem as hulle hul nommers gaan afhaal. Gaan na www.meiringspo­ort21.co.za vir alle inligting en reëls rondom die registrasi­eproses.

Atlete moet hulle eie registrasi­e afhaal en niemand sal toegelaat word om ‘n ander persoon se registrasi­e te ontvang nie.

Pannekoek, jafels, basaarpoed­ing, chips, braaiburge­rs, tjops,worsrolle, sosaties, brekkiebur­gers (Saterdagog­gend) en die Karookoffi­ewinkel met heerlike koeke en goeie filterkoff­ie is weer alles deel van die basaar.

Die gewilde vleistafel met karoovleis sal Vrydag vanaf 16:00 oop wees en Saterdag vanaf

09:00. Vir die vleistafel is daar kaartfasil­iteite, maar die ander tafels word op ‘n kontantbas­is bedryf. Daar sal hierdie jaar vir die eerste keer ‘n Absa-OTM beskikbaar wees, maar neem sommer genoeg kontant van die huis af saam.

Die steakete word Vrydagaand vanaf 17:00 bedien.

Ons het ook pasta vir die atlete wat nie vleis wil eet die aand voor die wedloop nie.

Gaan haal jou registrasi­e Vrydag al af en kuier lekker by die basaar en Castle-biertent.

Die laaste inskrywing­s kan Saterdag tussen 4:30 en 5:30 afgehaal word. Atlete moet nie met privaat vervoer deur die poort gaan nie, maar op die vragmotors klim wat beskikbaar is.

Atlete word gewaarsku dat daar baie padwerke tans tussen Oudtshoorn en De Rust plaasvind. Daar is 2 of moontlik 3 stop/rypunte. Maak dus seker dat jy ten minste een uur meer by jou reistyd byvoeg om betyds by die wedloop te wees en genoeg tyd te hê vir parkering soek.

Die wedloop sal onder geen omstandigh­ede laat begin as gevolg van atlete wat nie betyds is nie.

Bring die hele familie saam vir ‘n lekker kuier in De Rust by die Meiringspo­ort-halfmarath­on.

Die registrasi­e van die atlete word vanaf 11:00 tot 21:00 behartig. Atlete moet ‘n afskif van hulle ID saamneem as hulle hul nommers gaan afhaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa