George Herald

In T20-krieket vir George

-

die SWD T20-kompetisie laat deurdring.

Dit was veral Wessel Hartslief, wat ‘n onoorwonne 103 lopies van slegs 56 balle teen St. George’s gemoker het, en Glenton Stuurman, wat die hart uit Pioneers se kolwers geruk het met ‘n boulverton­ing van 4/1 in 3.3 boulbeurte, wat aan die spits was van die aanslag.

Hartslief is ook goed ondersteun deur

Jaco Janse van Rensburg (41 lopies).

George moes teen Pioneers 30 lopies slaan om te wen en teen Wilderness was hulle 77 lopies kort van ‘n oorwinning.

Dis veral in die wedstryd teen St. George’s wat George se kolwers gewys het dat hulle skitterend op dreef is dié seisoen. George het eerste gekolf en 204 lopies in hul 20 beurte geslaan waarna St. George’s vir ‘n skrale 53 lopies uitgeboul het.

Vir George het PJ Carstens (3/14 lopies in 4 beurte) en Divan Coetzer (2/7 lopies in 4 beurte) met die bal uitgeblink. Dit het aan George ‘n oorwinning met 151 lopies besorg.

George het Pioneers met 7 paaltjies geklop met Glenton Stuurman verwoesten­d. Hy is goed ondersteun deur Jason Cilliers (2/8 in 3 beurte), Jaco Janse van Rensburg (2/3 in 2 beurte).

Divan Coetzer (3/11 lopies in 4 beurte) was die beste bouler teen Wilderness. George het met 5 paaltjies gewen.

 ?? Foto’s: Anton Gericke ?? Ruan Boshoff van George word skoongebou­l teen Wilderness. Die Georgiete het laaste gelag en met 5 paaltjies gewen. Jason Cilliers (2/8 in 3 beurte) het teen Pioniers goed geboul en sy span gehelp om met 7 paaltjies te wen. Jaco Janse van Rensburg (2/3 in 2 beurte) het George gehelp om Pioniers met 7 paaltjies te klop.
Foto’s: Anton Gericke Ruan Boshoff van George word skoongebou­l teen Wilderness. Die Georgiete het laaste gelag en met 5 paaltjies gewen. Jason Cilliers (2/8 in 3 beurte) het teen Pioniers goed geboul en sy span gehelp om met 7 paaltjies te wen. Jaco Janse van Rensburg (2/3 in 2 beurte) het George gehelp om Pioniers met 7 paaltjies te klop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa