George Herald

Eden-hengelaars wikkel by Kanon

-

Die Eden-hengelvere­niging se eerste somerligab­yeenkoms het verelde Saterdag by Kanon plaasgevin­d. Hengelaars het om 07:00 van Gouritsmon­d af tot by Vegkop begin vis.

Stilbaai-hengelklub het 39.92 punte ingesamel en die beste van die hengelklub­s gevaar.

Antoi Forbes van Knysna-hengelklub, met 16.24 punte, was die tophengela­ar van die dag. Marius Baard (o.21) van die Georgeheng­elklub was die beste junior hengelaar en Lester Botha (Knysna-hengelklub) die topmeester met 2.73 punte. Die topvrou was Antoi Forbes met 16.24 punte en Dehan Raal (6.22 punte) die beste o.16-hengelaar.

Die grootste eetbare vis - ‘n kabeljou van 5,77 kg - is deur Antoi Forbes (Knynsaheng­elklub) gevang en die swaarste oneetbare vis, ‘n hondhaai van 15,63 kg, is deur Stefan van Huyssteen (Stilbaaihe­ngelklub) ingeweeg.

Die totale massa vis wat gedurende die kompetisie gevang is, het die skaal op

183,05 kg laat kreun. Daarvan was 43 oneetbaar en 60 eetbaar.

Altesame 140 hengelaars het aan die liga deelgeneem.

Die posisies van die klubs ná afloop van die sesde klubkompet­isie is as volg:

(A-liga)

1. Stilbaai (39.92) 2. Outeniqua (23.05) 3. George (20.71) 4. Mosselbaai (19.20) 5. Atlantic (18.79 ) 6. Triton (17.24 ) 7. Knysna (10.91).

1. Knysna (20.67) 2. Triton (11.58) 3. George (5.47 ) 4. Stilbaai (5.13 ) 5. Atlantic (3.28 ) 6. Outeniqua (2.68 ).

(C-liga)

1. George (23.16) 2. Atlantic A (11.92) 3. Atlantic B (3.65)

Die topvyf hengelaars vir die dag was: 1. Antoi Forbes (16.24) 2. Stefan van Huyssteen (15.63) 3. Hein Gossmann (15.27) 4. Matthew Sumner (13.38) 5. Henrico Lesch (13.27).

Die volgende kompitisie vind plaas op 2017/10/21.

 ??  ?? Stefan van Huyssteen (Stilbaai-hengelklub) het by die Eden-hengelvere­niging se eerste somerligab­yeenkoms die grootste oneetbare vis, ‘n hondhaai van 15.63 kg, ingeweeg.
Stefan van Huyssteen (Stilbaai-hengelklub) het by die Eden-hengelvere­niging se eerste somerligab­yeenkoms die grootste oneetbare vis, ‘n hondhaai van 15.63 kg, ingeweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa