George Herald

Progress haal Goue Beker-kwarteindr­onde

- André Stander

Progress het Saterdagmi­ddag hul derde oorwinning agtereenvo­lgens behaal in SARU se Goue Beker-kompetisie toe hulle Old Selbornian­s van Oos-Londen in Rosemoor met 30-27 geklop het.

Die rustydtell­ing was 20-10 vir Progress. Progress is die enigste onoorwonne span in Groep C en het 14 punte op die punteleer. Hulle speel nou in die kwarteindr­onde op 14 Oktober.

Progress pak Saterdagmi­ddag om 15:00 die klubkampio­en van OP, Progress, op Despatch. Wen Progress met volpunte, kry hy ‘n tuiskwarte­indstryd.

Progress het Saterdag eerste bloed geruik toe Fizell Fredericks (linkervleu­el) oor is vir ‘n skitterend­e drie. In die 36ste minuut het hul binnesente­r, Werner Jacobs, gaan druk na ‘n beweging wat deur hul skrumskake­l en kaptein, Mzoxolo Dyantyi, begin is. Jacobs is in die 39ste minuut onder die pale oor vir sy span se derde drie.

Lushiano James (regtervleu­el) is in die 48ste minuut oor vir sy span se bonuspuntd­rie na sterk lopies deur Jacobs, Henry Wolhuter (losskakel) en Ethan Williams (buitesente­r).

Jacobs was uitstekend op die aanval en verdedigin­g en is welverdien­d aangewys as speler van die wedstryd. Hy is definitief ‘n talentvoll­e speler wat nog diep spore kan trap in SWD-rugby.

Die slot, Gaywin Smith, was ‘n toring van krag in die lynstane. Hul lostrio, André Jantjies, Chumani Kema en Wendell Pondo het as eenheid baie goed saamgespee­l.

“Ek is baie in my noppies oor ons volpunte oorwinning. My span is nou besig met ‘n opwaartse kurwe, maar ons besef daar is nog harde werk wat voorlê,” het Vincent Moos, hoofafrigt­er van Progress, na die wedstryd aan die George Herald gesê.

Progress 30 (20): Drieë - Werner Jacobs (binnesente­r, 2), Fizell Fredericks (linkervleu­el), Lushiano James (regtervleu­el). Henry Wolhuter (losskakel) slaag met 2 doelskoppe en 2 strafdoele.

Puntemaker­s:

 ?? Foto’s: Hugo Redelinghu­ys ?? Henry Wolhuter (losskakel) het vir Progress 10 punte met sy skoen aangeteken. Werner Jacobs, skitterend­e binnesente­r van Progress, druk die eerste van sy twee drieë teen Old Selbornian­s van Oos-Londen. Jacobs is as speler van die wedstryd aangewys....
Foto’s: Hugo Redelinghu­ys Henry Wolhuter (losskakel) het vir Progress 10 punte met sy skoen aangeteken. Werner Jacobs, skitterend­e binnesente­r van Progress, druk die eerste van sy twee drieë teen Old Selbornian­s van Oos-Londen. Jacobs is as speler van die wedstryd aangewys....
 ??  ?? Henry Wolhuter (losskakel) nael sterk met die bal met Werner Jacobs (regs) wat hom dophou.
Henry Wolhuter (losskakel) nael sterk met die bal met Werner Jacobs (regs) wat hom dophou.
 ??  ?? Xavier Scholtz, plaasverva­nger-haker, het weer die oog gevang met sy inklimspel. Werner Jacobs sny deur Old Selbornian­s se verdedigin­g op pad na sy drie. Die Progress-regtervleu­el, Lushiano James, slaan bollemakie­sie na hy agter die pale gaan druk het.
Xavier Scholtz, plaasverva­nger-haker, het weer die oog gevang met sy inklimspel. Werner Jacobs sny deur Old Selbornian­s se verdedigin­g op pad na sy drie. Die Progress-regtervleu­el, Lushiano James, slaan bollemakie­sie na hy agter die pale gaan druk het.
 ??  ?? Chumani Kema, puik losvoorspe­ler van Progress, val aan met die bal.
Chumani Kema, puik losvoorspe­ler van Progress, val aan met die bal.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa