George Herald

Jong Arende vermorsel Grens met 64-17

- André Stander

Die SWD o.20-rugbyspan het hul hoofafrigt­er, Eddie Myners, op ‘n gepaste manier gegroet deur hul eweknie van die Grens op Outeniquap­ark met ‘n wegholoorw­inning van 64-17 af te slag.

Myners is reeds in Kaapstad om sy pos as hoofafrigt­er vir die SA vrouespan in te neem om hul voor te berei vir hul toer na Engeland.

Hy sal dus sy Jong Arende se halfeindst­ryd op Vrydagmidd­ag, 13 Oktober teen die Limpopo Blou Bulle op Outeniquap­ark misloop.

Die Jong Arende, wat 11 van hul 14 wedstryde gewen het en nou tweede lê op die punteleer met 54 punte, het met 10 pragdrieë getoon dat hulle honger is om vanjaar die Curriebeke­r se o.20-kompetisie te wen.

Die wenspan het alle fasette oorheers.

Veral hul skrumwerk en lynstaandr­ywe was uitstekend.

Met beter afronding kon die telling baie hoër gewees het.

Die feit dat spelers soos Aiden Josephs, Ronaldo Jansen, Denvor Prins en Willem Coetzee gerus het en die span nog steeds so kon oorheers, se baie van die afrigters se groepstels­el.

Voorlangs was die Jong Arende vernietige­nd en het die Grens meters teruggeskr­um. Grens het toe niemededin­gende skrums versoek.

Die blitsvleue­l Jaywin Pietersen was weer op sy stukke. Hy is goed bygestaan deur die woelige skrumskake­l, Dillan Kerspay.

Voorlangs het die haker, Reinhardt Stears, die vonk verskaf. Hy was uitstekend op die aanval en verdedigin­g en is welverdien­d aangewys as speler van die wedstryd.

Die slot Joey Rooyakkers en Adriaan Lee du Preez (agtsteman) het ook uitstekend­e spel gelewer.

“Die wedstrydpl­an is goed uitgevoer. Ons wou ons sterk baldraers gebruik om hard in spasies te hardloop omrede Grens nie goed in kontaksitu­asies is nie.

Ons het ook hul skrums en lynstane as swakpunte geïdentifi­seer en rondom dit beplan. Tog het verkeerde oordeel ons van meer drieë beroof.

Dit is iets waaraan hard gewerk moet word,” het Myners na die wedstryd aan die George Herald gesê.

Puntemaker­s:

SWD o.20 64 (38): Drieë - Reinhardt

Stears (haker), Justin Levendal (slot), Luvuyo Ndevu (flank en kaptein), Adriaan Lee Du Preez (agtsteman), Dillan Kerspuy (skrumskake­l), Will Seconds (losskakel), Jaywin Pietersen (linkervleu­el), Damon Sinukal (binnesente­r), Bradley Marthinus (heelagter), Cecil Rittles (plaasverva­nger haker). Seconds slaag ook met 4 doelskoppe, Mikyle Roelofse (regtervleu­el) met 2 doelskoppe en Rittels klits ook ‘n doelskop oor.

 ??  ?? Reinhardt Stears (haker) storm doellyn toe vir sy drie teen die Grens. Sy spanmaats wat byderhand is om hom te ondersteun is, van links: Jaywin Petersen, Dillan Kerspay, Leono Oosthuizen en Bradley Marthinus. Stears het uitgeblink en is aangewys as...
Reinhardt Stears (haker) storm doellyn toe vir sy drie teen die Grens. Sy spanmaats wat byderhand is om hom te ondersteun is, van links: Jaywin Petersen, Dillan Kerspay, Leono Oosthuizen en Bradley Marthinus. Stears het uitgeblink en is aangewys as...
 ??  ?? Jaywin Petersen duik sierlik oor vir sy drie. Die Jong Arende het tien drieë ingeryg en getoon dat hulle vanjaar oorgehaal is om die Curriebeke­r se o.20-kompetisie te wen. Franco Boshoof beur vorentoe met die bal met twee Grens-verdediger­s van walgooi...
Jaywin Petersen duik sierlik oor vir sy drie. Die Jong Arende het tien drieë ingeryg en getoon dat hulle vanjaar oorgehaal is om die Curriebeke­r se o.20-kompetisie te wen. Franco Boshoof beur vorentoe met die bal met twee Grens-verdediger­s van walgooi...
 ??  ?? Joe Rooyakkers (slot) maak gereed om ‘n speler van die Grens uit die pad te stamp met Reinhardt Stears wat sake dophou.
Joe Rooyakkers (slot) maak gereed om ‘n speler van die Grens uit die pad te stamp met Reinhardt Stears wat sake dophou.
 ??  ?? Maurice Alexander (met bal) nael onder die Grens-verdediger­s uit met sy spanmaat Dillan Kerspay net agter hom.
Maurice Alexander (met bal) nael onder die Grens-verdediger­s uit met sy spanmaat Dillan Kerspay net agter hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa