George Herald

POSDUIFKLU­BUITSLAE

- KLUBUITSLA­E UITSLAE UITSLAE UITSLAE UITSLAE Jannie Meyer UITSLAE

Die laaste drie lang wedvlugte van die seisoen wag nog op die duiweboere van George en die verwagting is dat die troefkaart­e nou uitgeruk gaan word.

Saterdag se twee ope-wedvlugte is oor sowat 685 km vanaf Warrenton gevlieg en die posduiwe het die goeie weer aangewend om weer puik te presteer.

Die wedvlugte is onderskeid­elik om 06:15:00 en 06:45 afgeskop.

OUTENIQUA POSDUIFKLU­B

Van Wyk Lofts en J&L Lofts was onderskeid­elik aan die wenkant in die twee onderskeie wedvlugte.

Flip du Toit is egter nog gerieflik voor op die punteleer en gaan nie maklik op pad van die klubkampio­enskap gestuit word nie.

Die wenduiwe is onderskeid­elik om 13:48:42 en 14:41:47 geklok.

Die sewe duiweboere het onderskeid­elik 48 en 50 duiwe gemandjie.

Ope I:

1 Van Wyk Lofts; 2 & 9 J&L Lofts; 3 & 6 B Muller; 4 & 8 B McLaughlin; 5 & 10 Flip du Toit; 7 Ronnie Stevens.

Ope II:

1 & 8 J&L Lofts; 2 & 4 Ronnie Stevens; 3 & 7 Flip du Toit; 5, 9 & 10 B Muller; 6 B McLaughlin.

Punteleer: Volpuntste­lsel:

1 Flip du Toit 3421; 2 J&L Lofts 2935; 3 Van Wyk Lofts 2810; 4 Ronnie Stevens 2422; 5 B McLaughlin 1948; 6 B Muller 1396; 7 Deon & Tina Boshoff 696; 8 J Gericke 143.

Leon van Rooyen het met nog 'n goeie oorwinning in die een ope-wedvlug sy voorsprong op die punteleer behou.

Lady Kate Lofts, wat in sy stertvere op die punteleer blaas, het die ander wedvlug gewen.

Ope I: Ope II: GEORGE POSDUIFKLU­B

1, 2 & 6 Leon van Rooyen; 3,8, 9 & 10 Tobie Ellis 2; 4 Cobus Nelson; 5 Lady Kate Lofts; 7 Springbok.

1 & 2 Lady Kate Lofts; 3,4, 7 & 8 Willem Zeelie; 5 Tobie Ellis 2; 9 Springbok; 10 Cobus Nelson.

Punteleer:

1 Leon van Rooyen 1819; 2 Lady Kate Lofts 1777; 3 Harm Venter 1585; 4 Tobie Ellis II 1565; 5 Willem Zeelie 1542; 6 Springbok 1296; 7 Cobus Nelson 1112; 8 Tobie Ellis 23.

PACALTSDOR­P POSDUIFKLU­B

Steenkamp Bandits het tot die langste wedvlug tot dusver gewag om 'n goeie oorwinning te behaal.

Gary Page, die voorloper op die punteleer, het die ander wedvlug gebuit.

Francois Marais, wat in die tweede plek op die punteleer is, het in die laaste paar wedvlugte al beter gevaar, maar sal nog 'n paar goeie oorwinning­s moet verseker om Page in te haal.

Ope I:

1 & 7 Steenkamp Bandits; 2, 6 & 9 Gary Page; 3 & 10 Clive Kock; 4 BSP Lofts; 5 & 8 Francois Marais.

Ope II:

1, 4 & 10 Gary Page; 2 & 6 Steenkamp Bandits; 3, 5 & 7 Clive Kock; 8 & 9 Francois Marais.

Punteleer:

1 Gary Page 699; 2 Francois Marais 620; 3 Clive Kock 563; 4 Steenkamp Bandits 543; 5 BSP Lofts 528; 6 Manual & Stoffels 346; 7 Prins Hokke 201; 8 Jan Wolmarans 185.

PROTEA POSDUIFKLU­B

Die duiwe van die klub het weer goed presteer deur 'n gemiddelde spoed van 90 km/h oor die bykans 690 km vanaf Warrenton op te stel.

D&S Hokke het die eerste ope-wedvlug gewen met Jeff & Wikus Lofts wat die ander wedvlug gebuit het.

Stefan May is egter nog voor op die punteleer, maar die laaste drie wedvlugte kan bepalend vir die klubkampio­enskap wees.

Ope I:

1,2, 4 &10 D&S Hokke; 3 &5 Jeff & Wikus Lofts; 6 & 8 Fourie Hokke; 7 & 9 Stefan May.

Ope II:

1,2, 3, 4, 6 & 7 Jeff & Wikus Lofts; 5 & 8 D&S Hokke; 9 & 10 Fourie Hokke.

Puntestand:

1 Stefan May 3337; 2 Jeff & Wikus Lofts 3109; 3 D&S Hokke 2675; 4 Fourie Hokke 1900; 5 Blue Stratos 1731; 6 Spice Girl 891.

Die vorige naweek het die duiwe vanaf Boshoff oor 'n afstand van 650 km teen 'n gemiddelde spoed van 74 km/h gevlieg.

Ope I;

1,5, 7 & 9 Jeff & Wikus Lofts; 2 &10 D&S Hokke; 3,4, 6 & 8 Stefan May.

Ope II:

1,5, 8 & 9 D&S Hokke; 2,3, 4, 6 & 7 Stefan May; 10 Jeff & Wikus Lofts.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa