George Herald

Conville Primêr wen patrolliek­ompetisie

- Myron Rabinowitz

Vier primêre skole se patrollies­panne is deur die George-verkeersde­partement beoordeel waar hulle hul verbinteni­s tot die padveiligh­eid vir hul medeleerde­rs betoon het. Conville Primêr het net-net met die wenbeker in die 2017-patrolliek­ompetisie weggestap.

Die kompetisie is by die voetoorgan­g voor Laerskool New Dawn Park in Pacaltsdor­p gehou waar die mededingen­de skole hulle uitstekend van hul taak gekwyt het. Tweede was Dellville Park Primêr met St Mary’s Primêr in derde plake en Laerskool New Dawn Park vierde.

Elke skool het twee spanne ingeskryf.

Die kompetisie het begin met 'n deeglike inspeksie van hul uniforms sowel as 'n fluitjie-inspeksie deur die beoordelaa­rs. In die praktiese gedeelte het die spanne hul doeltreffe­ndheid gewys, verkeer gestop en skoolvrien­de en die burgemeest­er van George toegelaat om die pad onder hul wakende oog oor te steek.

Die prysuitdel­ing is by die verkeersde­partement in Pacaltsdor­p gehou.

Die organiseer­ders van die kompetisie, Rosa Louw van die munisipali­teit en verkeersbe­ampte Edwin Felix, het die vier skole gelukgewen­s met die kompetisie en die skoolpatro­llies bedank vir die hulp wat hulle daagliks aan die verkeersde­partement gee.

Raadslid Noble het die leerders hartlik bedank.

"Die patrollies speel 'n belangrike rol in die opvoeding van voetganger­s en padgebruik­ers en ons bedank hulle vir die dienste wat hulle lewer in alle weersomsta­ndighede."

'n Onsmaaklik­e insident het hom kort voor die kompetisie afgespeel toe 'n onderwyser een van die raadslede versoek het om sy DA-baadjie, uit te trek.

Gammat Turner, onderwyser en koördineer­der van Conville Primêr, die uiteindeli­ke wenners, het beswaar gemaak teen Cecil Noble, portefeulj­eraadslid: beskerming­sdienste, se dra van die blou baadjie.

Turner het die burgemeest­er, Melvin

Naik genader en gesê: "Hierdie is 'n raadsgebeu­rtenis en nie 'n politieke gebeurteni­s nie en ek maak sterk beswaar teen die raadslid wat 'n baadjie met 'n politieke embleem dra."

Turner het gedreig om die skool van die geleenthei­d te onttrek, waarna Noble sy baadjie uitgetrek het.

 ??  ??
 ?? Foto’s: Myron Rabinowitz ?? Burgermees­ter Melvin Naik (regs) groet vir Beyone Malgas van St Mary’s met die aanvang van die kompetisie.
Foto’s: Myron Rabinowitz Burgermees­ter Melvin Naik (regs) groet vir Beyone Malgas van St Mary’s met die aanvang van die kompetisie.
 ??  ?? Laerskool New Dawn Park wys wat hulle elke dag doen om leerders veilig oor die straat te help.
Laerskool New Dawn Park wys wat hulle elke dag doen om leerders veilig oor die straat te help.
 ??  ?? Conville Primêr, die trotse wenners van die kompetisie saam met Cecil Noble, portefeulj­eraadslid vir beskerming­sdienste.
Conville Primêr, die trotse wenners van die kompetisie saam met Cecil Noble, portefeulj­eraadslid vir beskerming­sdienste.
 ??  ?? St Mary’s Primêr is reg om die beoordelaa­rs hul staal te wys.
St Mary’s Primêr is reg om die beoordelaa­rs hul staal te wys.
 ??  ?? Gammat Turner (links) het beswaar gemaak teen raadslid Cecil Noble wat ‘n DA-baadjie gedra het by die Georgeverk­eerdepartm­ent se 2017 skoolpatro­lliekompet­isie.
Gammat Turner (links) het beswaar gemaak teen raadslid Cecil Noble wat ‘n DA-baadjie gedra het by die Georgeverk­eerdepartm­ent se 2017 skoolpatro­lliekompet­isie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa