George Herald

Dedera Paulse, ‘Pasiënt van die maand’ oorlede

-

Dedera Paulse, Harry Comay TBhospitaa­l se pasiënt van die maand vir Oktober, is Vrydag 27 Oktober oorlede.

Dr. Alyssa Loftus van die Harry Comay TB-hospital het hierdie huldeblyk geskryf.

Het ek Dedera Paulse geken. Ek het haar mediese geskiedeni­s goed geken: die chemie en volbloedte­lling, bloeduitsl­ae, die medisyne wat haar beter gemaak het…en ook die pille wat haar by die dood laat omdraai het. Sy was so ongeloofli­k siek as gevolg van ‘n onverwagse allergiese reaksie. Dit het haar bedgebonde en totaal afhanklik gelaat.

Alles as gevolg van die nodige, maar toksiese TB-medikasie wat sy só presies gebruik het. Ek het haar nie een keer hoor kla nie. Sy was nie negatief nie. Sy het wonderbaar­lik, volkome herstel. Dit was haar geloof wat haar gedra het. Sy het ‘n sterker wil gehad as wat sy sélf besef het.

Sy het ‘n vegtergees gehad: ‘n sterk wil om te leef en om ‘n beter weergawe van haarself te wees. Sy het insig en wysheid gehad wat geen diploma of graad jou kan gee nie.

Vir my, vir ons, was sy meer as

“net nog ‘n pasiënt”. Daar waar sy gegaan het, het sy ‘n verskil gemaak. Haar positiwite­it was aansteekli­k. Sy was so ‘n aangename mens. Sy was nederig.

Haar hart was goed, sy het werklik omgegee. Wat van die oumatjie in die bed oorkant haar? Wie gaan nou seker maak dat sy ‘n slukkie water drink, dat sy gemaklik en warm genoeg is behalwe, natuurlik, ons verpleegpe­rsoneel.

Ons gaan Dedera mis. Sy is te vroeg weg. Sonder ‘n duidelike rede of oorsaak.

Het ek haar geken? Medies, ja. Maar al het ek haar net ‘n kort tydjie geken, weet ek sy het ons almal se lewens aangeraak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa