Kraai­bosch-moor­de­naar kry le­wens­lank

George Herald - - VOORBLAD - K­ris­ty Kol­berg

So­wat 'n jaar na die lig­gaam van I­sa­bel­la Kru­ger (77) in 'n bad wa­ter in haar huis in Kraai­bosch Coun­try E­sta­te in Ge­or­ge ge­vind is, is die moor­de­naar, Jo­na­than Claas­sen (32) 'n le­wens­lan­ge von­nis op­ge­lê. Claas­sen is Dins­dag 27 Maart in die rond­gaan­de hoog­ge­regs­hof in Knys­na tot 25 jaar tronk­straf vir die moord van Kru­ger ge­von­nis.

Die von­nis

Claas­sen, wat in diens van 'n tuin­diens­te was, is tot vyf jaar di­rek­te tronk­straf ge­von­nis op aan­klag van huis­braak met die doel om te steel, tien jaar op die aan­klag van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de en 25 jaar op die aan­klag van moord na­dat hy ‘n pleit- en von­nis­oor­een­koms met die staat aan­ge­gaan het.

Die hof het be­slis dat die von­nis­se van al­te­saam 40 jaar, sa­me­lo­pend uit­ge­dien sal word. Claas­sen er­ken dat hy in die vroeë og­gend­u­re van 18 Maart 2017 by Kru­ger se huis in Kraai­bosch in­ge­breek het. Vol­gens hom het hy vroe­ër ge­drink en was ty­dens die voor­val ook on­der die in­vloed van tik. Kru­ger was al­leen in die huis om­dat haar man, Pie­ter Kru­ger, in 'n na­by­ge­leë te­huis ge­woon het. Die eg­paar het twee maan­de voor die voor­val van P­re­to­ria na Ge­or­ge ver­huis.

In die huis

Claas­sen het toe­gang tot die land­goed ver­kry deur 'n gat on­der die hei­ning te gra­we en het deur 'n oop ven­ster Kru­ger se huis bin­ne­ge­gaan. In die huis het hy haar skoot­re­ke­naar ge­vind waar­na hy na haar slaap­ka­mer ge­gaan het.

“Ek het haar hand­sak en ‘n boks vol goue i­tems in haar kas ge­vind. Ek het ook die sel­foon langs haar bed ge­sien,” het hy ge­sê. Kru­ger het wak­ker ge­word en Claas­sen het ge­dink sy gaan be­gin skree.

“Ek het ge­dink sy gaan be­gin skree en haar om die nek ge­gryp en ons het be­gin stoei. Ons het ge­val en sy het haar kop teen iets ge­stamp. Sy het baie stil ge­word. Ek het die ge­steel­de goed in ‘n plas­tiek­sak ge­druk en is daar weg,” het Claas­sen aan die hof ver­tel.

Hy het daar­na te­rug­ge­keer om haar te pro­beer by bring.

“Ek het haar be­weeg, maar daar was nie re­ak­sie nie.” Hier­na het Claas­sen die slag­of­fer na die bad­ka­mer ge­neem en haar in die bad ge­sit en die wa­ter in­ge­tap.

“Ek het se­ker ‘n half­uur ge­suk­kel om haar te pro­beer by­bring toe ek be­sef dat sy moont­lik dood is.” Claas­sen het Kru­ger se mo­tor ge­vat en ag­ter 'n an­der mo­tor by die land­goed se hek uit­ge­ry. Hy is na Wil­der­nis­hoog­te waar hy die ge­steel­de i­tems in ‘n bos weg­ge­steek het. Hy het op die Saas­veld­pad ‘n on­ge­luk ge­had en die mo­tor op die to­neel ge­los. Hy het sy neef ge­bel om hom by die in­for­me­le ne­der­set­ting in Wil­der­nis­hoog­te op te tel. Kru­ger se dog­ter het op haar lig­gaam af­ge­kom.

Die ar­res­ta­sie

Die Suid-Kaap­se po­li­sie­woord-voer­der, kapt. Mal­colm Po­jie, het ge­sê die on­der­soek­span het in­lig­ting ont­vang van ‘n ver­dag­te wat in Kru­ger se mo­tor op­ge­merk is en toe la­ter weer in ‘n an­der voer­tuig ge­sien is.

“Die po­li­sie het dié voer­tuig, wat toe op pad Ge­or­ge toe was, op­ge­spoor en voor­ge­keer. Die mo­tor is deur­soek en goe­de­re wat ver­moe­de­lik uit Kru­ger se huis ge­steel is, is in die mo­tor ge­vind,” het hy ge­sê. Claas­sen en sy neef is in heg­te­nis ge­neem. Sy neef is vry­ge­laat om­dat daar nie ge­noeg­sa­me be­wy­se was om hom met die moord te ver­bind nie.

*Met na­vraag het Kraai­bosch-land­goed se be­stuur ge­sê dat 'n pers­ver­kla­ring bin­ne­kort deur hul­le uit­ge­reik sal word.

I­sa­bel­la Kru­ger se moor­de­naar is ‘n le­wens­lan­ge von­nis toe­ge­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.