Tand­arts wéér skul­dig

George Herald - - NEWS - K­ris­ty Kol­berg

Hy het hom­self nie weer­spreek nie en sy ge­tui­e­nis was deur­lo­pend kon­se­kwent. Hy en sy ma se ge­tui­e­nis het ook oor­een­ge­stem.

Dr. Ian Ven­ter is gis­ter, Woens­dag 11 A­pril, in die Ge­or­ge-streek­hof skul­dig be­vind op aan­klag van sek­su­e­le aan­ran­ding van ‘n min­der­ja­ri­ge.

Ter­wyl ‘n bloed­rooi Ven­ter, uit­ge­vat in ‘n pak met ‘n das, in die be­skul­dig­de­bank ge­staan het, het streek­land­dros Fran­cis Ma­ka­man­de­la haar uit­spraak ge­le­wer. Ma­ka­man­de­la het ge­sê hoe­wel die hof ver­sig­tig moet wees in ge­val­le waar ‘n en­kel­ge­tuie ‘n kind is, het die hof die slag­of­fer as ‘n self­ver­se­ker­de en in­tel­li­gen­te seun, wat nie sy ge­tui­e­nis met ve­nyn af­ge­lê het nie, er­vaar.

“Hy het hom­self nie weer­spreek nie en sy ge­tui­e­nis was deur­lo­pend kon­se­kwent. Hy en sy ma se ge­tui­e­nis het ook oor­een­ge­stem,” het sy ge­sê.

Die aan­klag

Ven­ter is daar­van aan­ge­kla dat hy op die aand van 11 A­pril 2015 die 13-ja­ri­ge seun, wat by sy huis in He­rolds­baai oor­ge­slaap het, sek­su­eel be­tas het.

Hy het skuld ont­ken met die ver­weer dat hy nie ge­weet het in wat­ter ka­mer die seun ge­slaap het nie en nie in die ka­mer was nie. Hy het die lig­te af­ge­sit en gaan slaap na hy daar­die aand die kom­buis skoon­ge­maak het.

Ge­tui­e­nis

Die slag­of­fer het in sy ge­tui­e­nis ge­sê Ven­ter het die aand van die voor­val vir hom ge­sê om in sy jong­ste seun se ka­mer, wat toe leeg was, te gaan slaap. Hy het op die seun se bed gaan sit en vir hom ge­sê om op sy sy te lê waar­na hy hom be­gin kie­lie het. Hy het stel­sel­ma­tig af­be­weeg en die seun be­tas.

Die seun het vir Ven­ter ge­sê hy hou nie daar­van nie en hom ge­vra om die ka­mer te ver­laat.

Daar­na het die seun die huis ver­laat son­der om e­nig­ie­mand, selfs nie Ven­ter se seun, wat sy vriend was, te ver­tel nie.

Ma­ka­man­de­la het in haar uit­spraak ge­sê dat Ven­ter sou kon sien of daar ie­mand in die ka­mer was toe hy die lig­te af­ge­ska­kel het. “Hy het die Ven­ter­wo­ning in die mid­del van die nag ver­laat, weens die sek­su­e­le daad wat ge­pleeg is.”

Sy het ge­sê dat Ven­ter se ge­tui­e­nis te veel on­waar­skyn­lik­he­de be­vat het en die hof met te veel vrae ge­laat het. Ty­dens kruis­ver­hoor het hy vrae ont­wyk en soms baie vae ant­woor­de ge­gee.

Vo­ri­ge von­nis

Ven­ter is in Sep­tem­ber 2014 skul­dig be­vind dat hy in De­sem­ber 2011 seks met ‘n 15-ja­ri­ge seun ge­had het en por­no­gra­fie aan die seun ge­wys het. Hy is tot vier jaar kor­rek­tie­we toe­sig ge­von­nis.

Dit is nog nie be­kend wat­ter

im­pak die vo­ri­ge von­nis (2014) op sy von­nis­op­leg­ging van 6 Ju­nie sal hê nie. Sy borg­tog is tot dan ver­leng om­dat hy sy kin­ders se pri­mê­re ver­sor­ger is. ‘n Voor­ver­hoor­ver­slag is deur sy regs­ver­teen­woor­di­ger, John Gil­le­spie, aan­ge­vra.

Han­kie Marx het vir die staat ver­skyn.

Dr. Ian Ven­ter ty­dens ‘n vo­ri­ge hof­ver­sky­ning.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.