George Herald

Elvis Blue en Yoma

wen by Ghoemas

- Kristy Kolberg

T wee boorlinge van George, Jan Hoogendyk, beter bekend as Elvis Blue, en Claudia Witbooi, beter bekend as Yoma, het Sondagaand, 29 April elk met die louere by dié jaar se Ghoema-toekenning­s weggestap.

Die room van die SuidAfrika­anse musiekbedr­yf is tydens ‘n spoggeleen­theid in Theatre on Marcellus in Emperor’s Palace aan die Oos-Rand vereer.

Rymkletser­s Hemelbesem en sy vrou, Yoma, wat tans in Johannesbu­rg bly, asook plaaslike kunstenaar Hakkiesdra­ad Hartman, is genomineer in die kategorie vir beste Afrikaanse hiphop-liedjie van die jaar. Yoma het dié toekenning opgeraap met haar treffer Wille Kat.

"Ek was verskrikli­k dankbaar om daar [by die Ghoema-toekenning­s] te kon wees. Dit is vir my 'n groot mylpaal en ek het nooit gedink ek sou eers genomineer word vir 'n Ghoema nie. Vir my as vrou was dit belangrik om die toekenning te kon kry om daardeur ander vroue te inspireer. Ons almal het 'n doel en dit maak jou waardevol. Gaan groot. Gaan vir goud. Geen droom is té groot nie," sê Yoma.

Haar album Moedertaal is

digitaal beskikbaar op verskeie platforms. Vir 'n hardekopie kan sy by Yoma@besembos.co.za gekontak word.

Drie van Elvis Blue se liedjies,

Die Brug, Werner en Elke Hart is benoem in die kategorie vir beste komposisie. Die Brug, het hom dié toekenning besorg.

Die kleurvolle Klikkerlan­ders van George, wat in 2017 ook genomineer is, het hierdie jaar twee nominasies in die kategorie vir die beste kinder-album of DVD gekry. Piet Smit met sy DVD, Liedjies en

Rympies, het egter dié kategorie

gewen.

"Klikkerlan­d voel baie geëerd om twee jaar in 'n ry genomineer te word en daar is altyd volgende jaar. Piet Smit is 'n waardige wenner," het Klikkerlan­d se Carina Beukes kort na die toekenning­s aan die George Herald gesê.

Two former George residents, Jan Hoogendyk, better known as Elvis Blue, and Claudia Witbooi, better known as Yoma, each walked away with a Ghoema award on Sunday evening,

29 April. The cream of the South African music industry was honoured at this year's Ghoema Awards hosted at Theatre on Marcellus at Emperor's Palace on the East Rand.

 ?? Foto’s: Sean Brand ?? ‘n Bekende gesig in die musiekbedr­yf, Elvis Blue, met sy Ghoema-toekenning vir beste komposisie van die jaar.
Foto’s: Sean Brand ‘n Bekende gesig in die musiekbedr­yf, Elvis Blue, met sy Ghoema-toekenning vir beste komposisie van die jaar.
 ??  ?? ‘n Baie gelukkige Yoma met haar Ghoema-toekenning vir die beste Afrikaanse hip-hop-liedjie van die jaar.
‘n Baie gelukkige Yoma met haar Ghoema-toekenning vir die beste Afrikaanse hip-hop-liedjie van die jaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa