George Herald

Taxi’s maak ‘n las van hulself

- Salette Cloete en Brümilda Swartbooi

Die GO GEORGE-busstaking het nie net 'n invloed op die pendelaars nie, maar nou ook op besighede in die middedorp. Taxi's het Markstraat oorgeneem en gebruik nie net geallokeer­de busparkeri­ng nie, maar ook gewone parkeerare­as. Dit frustreer besigheids­eienaars omdat dit aan hul sakke raak want min voete kom deur die deure.

Keith MacFarlane wat 'n klein herstelwin­kel in die straat het, sê hulle verloor kliënte en kan dit nie bekostig nie. MacFarlane sê hy het met die munisipali­teit en verkeersde­partement gepraat oor die probleem, maar niemand het sover gereageer nie.

"Hier het 'n paar wetstoepas­singsbeamp­tes verbygeloo­p, maar dit was duidelik dat hulle glad nie vir ons probleem hier was nie."

Ook Leon van der Hoven van Key and Lock kla oor die taxi's wat die pad volstaan. Hy sê dis normaalweg 'n besige straat wanneer die busse daar staan, maar die taxi's gee nie om hoe of waar hulle staan nie. Hy kla dat hulle die bussies daar in die straat was en urineer selfs daar.

"Dit baat nie om met die bestuurder­s van die bussies te praat nie, hulle kyk jou net aan. Maar my kliënte kla hulle het nie toegang tot my plek nie."

Van der Hoven en MacFarlane moet nou motors in die parkeerare­as voor hul besighede parkeer sodat kliënte ten minste kan sien hulle is oop en ook hul naam kan sien.

Louis Terblanche van R&S Communicat­ions sê hy sou lankal hieroor gaan kla het as hy geweet het by wie. "Sê my by wie kan ek kla en of dit gaan help," wou Terblanche weet. Hy sê natuurlik is die polisie en verkeer bewus van die probleem, en jy kan nie by GO GEORGE se baas kla nie, want hy is besig met onderhande­linge."

John Duda, 'n taxibestuu­rder, sê die manne wil nie eens vir hom luister nie. "Ek belowe ek sal met hulle praat en hoor of hulle net die normale parkeerare­as kan ooplos."

Duda en 'n groep taxibestuu­rders het gister in Markstraat gesit en wag vir passasiers om hul taxi’s vol te maak.

 ?? Foto: Brumilda Swartbooi ?? Taxi’s staan Markstraat van hoek tot kant vol, en dit frustreer besigheids­eienaars tot die punt van raserny.
Foto: Brumilda Swartbooi Taxi’s staan Markstraat van hoek tot kant vol, en dit frustreer besigheids­eienaars tot die punt van raserny.
 ?? Foto: Salette Cloete ?? Keith MacFarlane sê vandat die busse begin staak het, het die taxi’s Markstraat oorgeneem. Hy vra net dat hulle ten minste gewone parkeerare­as ooplos sodat hy en ander besigheids­eienaars steeds ‘n geldjie kan maak.
Foto: Salette Cloete Keith MacFarlane sê vandat die busse begin staak het, het die taxi’s Markstraat oorgeneem. Hy vra net dat hulle ten minste gewone parkeerare­as ooplos sodat hy en ander besigheids­eienaars steeds ‘n geldjie kan maak.
 ??  ?? John Duda, ‘n taxibestuu­rder het beloof om met die bestuurder­s te praat oor die probleem.
John Duda, ‘n taxibestuu­rder het beloof om met die bestuurder­s te praat oor die probleem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa