George Herald

Vyf steeds vermis, jong vrou ongedeerd gevind

- Kristy Kolberg

E en van die vermiste persone wat die afgelope paar weke in George by die polisie as vermis aangemeld is, is ongedeerd en veilig terug by die huis. Kayla Solomons (22) wat op 19 April as vermis aangemeld is, is Donderdag 26

April ongedeerd in

Lawaaikamp gevind.

Solomons is Dinsdag

17 April per ambulans na die Georgehosp­itaal geneem, maar toe haar gesin haar die volgende dag wou besoek was sy nêrens te vind nie.

Volgens die woordvoerd­er van gesondheid in Eden,

Nadia Ferreira, is Solomons daardie betrokke dag nie by die hospitaal opgeneem nie.

'n Familievri­end van Solomons het aan die George Herald gesê dat sy wel by die hospitaal aangekom het, maar dat sy na bewering nie baie lank wou wag om 'n dokter te sien nie.

Sy is daarna saam met 'n vriend weg en het eers in Donderdag se George Herald gesien dat sy as vermis aangemeld is. Sy het nie 'n selfoon of geld vir 'n taxi by haar gehad nie en was te bang om na Hoekwil te ryloop.

Marie Ostbo

Die Noorweegse student, Marie Ostbo (21), word steeds vermis. Ostbo het op Dinsdag 17 April op Myoli-strand verdwyn terwyl sy saam met 'n buitelands­e studente-toergroep in

Sedgefield vertoef het.

Sy het volgens die polisie omstreeks

18:00 op die strand gaan stap. Slegs haar selfoon, hoed en skoene is op die strand gevind.

Marie se pa, Atle Ostbo, het met die Noorweegse publikasie, Dagbladet, gepraat en gesê hy is hoopvol dat sy dogter gevind sal word, hoewel hy vrees dat sy moontlik aangeval is. "Ek dink sy is aangeval omdat sy nooit haar besittings op die strand sou los en met haar nuwe kamera sou gaan swem nie," het hy gesê. Volgens die Nasionale Seeredding sinstituut (NSRI) is daar geen verdere ontwikkeli­ngs rondom haar verdwyning nie.

Stoffel Claassen

Die geestelik gestremde Stoffel Claassen (24) van Rosemoor word sedert Dinsdag 27 Maart vermis. Hy is die laaste keer gesien toe hy saam met sy oom, Flip Claassen, gaan water haal het.

Stoffel het 'n rooi T-hemp, grys en oranje kortbroek, 'n swart pet en sandale aangehad.

Enigiemand wat hom dalk gesien het, of weet waar hy is, word gevra om Convillepo­lisiestasi­e by

044 803 3300 te skakel.

Chevon Desmonique Adams

Die polisie is steeds op soek na Chevon Desmonique Adams (24) van Tarentaals­traat in Pacaltsdor­p. Sy was Saterdag 7 April by die Rio-taverne in Liwanistra­at in Thembaleth­u. Adams is laas gesien saam met 'n onbekende man in 'n maroen Isuzubakki­e met 'n CBS-registrasi­enommer.

Sy het blou 'n denim, 'n grys T-hemp en 'n grys top aangehad ten tye van haar verdwyning. Enigeen met inligting kan adjudant-offisier Franklin Goliath by die Thembaleth­u-speurders by 044 802 8934 of 071 689 8370 skakel.

 ??  ?? Chevon Desmonique Adams
Chevon Desmonique Adams
 ??  ?? Marie Ostbo
Marie Ostbo
 ??  ?? Stoffel Claassen
Stoffel Claassen
 ??  ?? Kayla Solomons is ongedeerd in Lawaaikamp gevind.
Kayla Solomons is ongedeerd in Lawaaikamp gevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa