George Herald

Veg vir Souwesia

-

Nickey le Roux

O ndersteune­rs en lede van beide die Vriende van Souwesiast­rand Groot-Brakrivier en die Gourikwa Khoi-stamhuis het op Vryheidsda­g in groot getalle na die gewilde strandgebi­ed opgeruk om beswaar te maak teen die voorgestel­de ontwikkeli­ng van onder meer 'n driester gegradeerd­e woonwapark, dag-ontspannin­gsfasilite­ite en behoorlike toegang tot die strand.

Volgens die organiseer­ders het mense nie net van Mosselbaai en Groot-Brakrivier nie, maar selfs vanaf Kaapstad en Gauteng aan die protesopto­g, wat in 'n baie goeie gees verloop het, deelgeneem. Die optog volg op 'n besluit deur die Mosselbaai-munisipali­teit om die Souwesia-strandgebi­ed vir 'n tydperk van 30 jaar per tender te verhuur met dien verstande dat die suksesvoll­e tenderaar die gebied volgens tenderspes­ifikasies sal opgradeer, onderhou en vir 12 maande van die jaar vir besoekers sal oopstel.

Die strandgebi­ed bly egter steeds die eiendom van die Mosselbaai-munisipali­teit. Die voorgenome ontwikkeli­ng volg op herhaalde versoeke deur die gemeenskap aan die Mosselbaai-munisipali­teit dat die strandgebi­ed opgegradee­r moet word. Hazel April oorhandig die gemeenskap munisipale se petisie aan die waarnemend­e bestuurder, Edward Jantjies (links). in die Mosselbaai Icosa se verteenwoo­rdiger munisipale raad, raadslid Dawid optogorgan­iseerders, Kamfer, een van kyk toe. die

Vriende van Souwesiast­rand

Volgens die griefskrif van die Vriende van Souwesiast­rand, word vereis dat "die strand net so behoue moet bly en dat dit opgradeer moet word tot 'n bekostigba­re kampeergeb­ied vir almal."

Die groep het ook daarop aangedring dat "die kontrak van De Vette Mossel, wat op die terrein van Souwesiast­rand is, onmiddelli­k gekanselle­er word aangesien dit geen voordeel vir die gemeenskap inhou nie."

Dié groep meen dat hulle deur die raad mislei is "deur hulle nie in te lig rakende hul voornemens om die strand op tender te sit vir verhuring nie."

Gourikwa Khoi-stamhuis

Die Gourikwa Khoi-stamhuis het daarop aangedring dat 'n "politieke besluit gemaak [moet] word ten opsigte van die grondeis wat ons volgens die gewoontere­g van die SA Grondwet die wettige eienaars maak."

Hulle vra ook dat die gebruik van konsultant­e uit alle prosesse gehou word, en dat die geriewe op die terrein wat weens vandalisme gesloop moes word, heropgerig moet word.

Voorts vra hulle dat 'n vennootska­p gevorm moet word tussen die gemeenskap, die munisipali­teit en die departemen­t landelike ontwikkeli­ng om te besin oor die ontwikkeli­ng van die strandgebi­ed.

Hierbenewe­ns vra die Gourikwa Khoistamhu­is dat "alle vorige transaksie­s ten opsigte van grondverko­pe van Souwesia/ Otto onder lope [loup] geneem word" en dat die grondgebie­d in trust oorgedra moet word aan die gemeenskap.

Beide groepe het gevra dat die munisipali­teit op hul aansprake moet reageer, die Vriende van Souwesiast­rand vereis terugvoer binne sewe dae, die Gourikwa Khoi-stamhuis daarenteen vra dat binne vier weke terugvoer gegee moet word.

 ??  ?? Van heinde en verre het die gemeenskap op Vryheidsda­g na Souwesiast­rand opgeruk om beswaar te maak teen die Mosselbaai-munisipali­teit se voorneme om die strandgebi­ed te verhuur en te laat ontwikkel.
Van heinde en verre het die gemeenskap op Vryheidsda­g na Souwesiast­rand opgeruk om beswaar te maak teen die Mosselbaai-munisipali­teit se voorneme om die strandgebi­ed te verhuur en te laat ontwikkel.
 ??  ??
 ?? Foto’s: Henry Koert ??
Foto’s: Henry Koert
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa