George Herald

Souwesia voorheen gesmous

-

Nickey le Roux

Terwyl organiseer­ders dit beskryf het as die 'moeder van alle optogte' na Souwesia op Vryheidsda­g om juis die gemeenskap se besitreg van hierdie strandgebi­ed te bevestig, blyk dit, anders as wat breedweg aangevoer is, dat dit juis die raad van die destydse Mosselbaai-munisipali­teit is wat verhoed het dat dié gesogte strandgebi­ed vir privaat belang verkoop is. Dit blyk die munisipale raad van Groot-Brakrivier was in Mei

2000 van voorneme om Souwesiast­rand aan privaat ontwikkela­ars te verkoop, welwetend dat die suksesvoll­e tenderaar, die ontwikkela­ars Panton South Cape Property Developmen­ts, van voorneme was om 'n voorkeurbe­huisingson­twikkeling daar op te rig.

Samesmelti­ng

Die Groot-Brakrivier-munisipali­teit het die tender, “Tender No. 4 van 1999: Tender for the Developmen­t of the Souwesia Site, Groot Brak River” uitgegee. Die besluit om dié grond te verkoop is met 'n meerderhei­dstem aanvaar. In 2000, nadat die kleiner munisipali­teite, onder meer Groot-Brakrivier­munisipali­teit - toe 'n ANC-beheerde raad - met Mosselbaai-munisipali­teit saamgesmel­t het, is Souwesiast­rand egter na die Mosselbaai-munisipali­teit oorgedra.

Nadat die munisipale samesmelti­ng plaasgevin­d het, het die Mosselbaai­munisipali­teit, toe in DA-beheer, besluit om ondanks uitgebreid­e regsaksie deur die suksesvoll­e tenderaar, nie toe te laat dat die grond verkoop word nie.

Boonop wil dit voorkom asof daar destyds aan die Mosselbaai-munisipali­teit bevestig is dat daar nie 'n grondeis vir spesifiek die Souwesiast­rand geregistre­er was nie. Dit is nie bekend of/en deur wie 'n grondeis sedertdien daarvoor ingedien is nie.

Openbare mening

Mosselbaai-munisipali­teit is tans besig om die openbare mening deur middel van 'n uitgebreid­e openbare deelnamepr­oses te toets oor die wenslikhei­d al dan nie om die Souwesia-strandgebi­ed te verhuur. Die grond word nie verkoop nie. Die huurder wat na 'n tenderpros­es die 30-jaar kontrak vir die bestuur van die oord wen, moet egter, in ruil, die strandgebi­ed opgradeer soos voorgeskry­f, en vir eie rekening vir die volle 12 maande van die jaar bedryf.

Herhaalde versoeke

"Die gemeenskap se emosionele reaksie op die munisipali­teit se voornemens strook nie met die herhaalde gemeenskap­sversoeke dat die strandgebi­ed opgegradee­r moet word met behoorlike ablusieger­iewe nie," meen die voorsitter van die DA-kiesafdeli­ng in Mosselbaai, Dirk Kotzé, wat op die Mossel Bay Advertiser, George Herald se susterspub­likasie, se navrae reageer het.

"Die raad is nou juis met 'n openbare deelnamepr­oses besig om die gemeenskap se insette oor voorgestel­de ontwikkeli­ng te toets. Sodra die openbare deelnamepr­oses afgehandel is, sal die besluit, ingeslote die gemeenskap se insette, weer voor die raad dien vir 'n finale besluit."

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa