George Herald

Onnie terug by skool na rassisme voorval

- Salette Cloete

I s dit ‘n geknoei om iemand tot ‘n hoër pos te bevorder ten spyte van ‘n rassisties­e opmerking, of net ‘n geval van kollegas wat mekaar wil beskerm en ‘n geleenthei­d gun - dit is wat die Red Pacaltsdor­p Hoërskool-groep (RPH) graag wil uitvind.

Die groep se ongelukkig­heid kom na die nuus dat Gaye Raubenheim­er, ‘n onderwyser van die skool, bevorder is tot onderhoof en sal vanaf 1 Julie haar nuwe pos beklee. Dit terwyl sy verlede jaar deur die Wes-Kaapse departemen­t van onderwys (WKOD) skuldig bevind is op klagtes van rassisme na sy glo die k-woord gebruik het. Raubenheim­er wat sover ‘n goeie reputasie in haar loopbaan gehad het, het toe die teiken van ouers en gemeenskap­slede geraak, nie oor wie sy is nie sê die besorgdes, maar wel wat sy kwytgeraak het.

Die groep het George Herald genader oor hul ontstelten­is oor haar bevorderin­g.

Die skool se beheerligg­aamvoorsit­ter, Veronique Zana, sê hulle het vroeg verlede jaar ‘n aanbevelin­g gemaak dat Raubenheim­er tot onderhoof bevorder word. Zana sê hulle as beheerligg­aam is nooit amptelik ingelig wat die klagtes teen Raubenheim­er is nie.

RPH sê hulle kan nie verstaan hoekom die beheerligg­aam, na hulle van die klagtes uitgevind het of selfs gehoor het, nie aangedring het op ‘n verduideli­king nie.

“As lid of voorsitter van ‘n beheerligg­aam moet jy weet hoekom ‘n onderwyser tydelik geskors is,” sê hulle.

Zana sê weer hulle het nooit enigiets van die WKOD gekry oor die klagtes of hul aanbevelin­g nie. “As ons niks amptelik oor die aangeleent­heid hoor nie, kan ons nie daarop optree nie.”

‘n Voormalige lid van die SBL sê hulle was wel bewus van die klagtes, en kon steeds die aanbevelin­g terugtrek. “Dit was algemene kennis wat die stand van sake was, en hulle kon steeds die departemen­t genader het om die aanbevelin­g terug te trek of selfs die proses gestop het.”

RPH meen hulle het wel tyd gehad met die onderhoude in November, om hul aanbevelin­g aan die WKOD terug te trek. Hulle sê die voorval is verlede jaar onder hul aandag gebring na Raubenheim­er na bewering die k-woord aan ‘n groep swart leerders gesê het.

Een leerder het baie sterk daaroor gevoel en sy ouers van die voorval ingelig. Hulle het hom aangemoedi­g om voort te gaan met die saak. Die res van die leerders het volgens RPH ook sterk daaroor gevoel, maar wou nie teikens by die skool van hulself maak nie.

Kenneth Africa, ‘n lid van RPH sê hy het persoonlik met die seun en van die ander leerders gesels, en hy moes eenvoudig optree. “Ons wil vra dat Raubenheim­er laat gaan word. Ons wil nie sulke mense, wat sulke goed kwytraak, by ons skool hê nie.”

George Herald het die distrik se kringbestu­urder genader vir kommentaar rakende die aangeleent­heid, na Raubenheim­er hom ingelig het dat die koerant haar genader het om haar kant te stel. Na vele e-posse en telefoonop­roepe het die kringbestu­urder gister teen druktyd, nog nie reageer nie. Millicent Merton, woordvoerd­er van die WKOD, het by navraag bevestig dat Raubenheim­er vir twee maande geskors was. Raubenheim­er het vandeeswee­k weer begin werk.

Ons wil nie sulke mense, wat sulke goed kwytraak, by ons skool hê nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa