George Herald

NKP skiet wortel in Wilderness

- Michelle Pienaar

Die Nasionale Konserwati­ewe Party (NKP) het vroeër vanjaar ‘n provinsial­e leier gekies om al die Kaap-gebiede te bestuur, en sal binnekort ‘n tak in George stig. Drie jaar voor sy aanstellin­g in die posisie het William Nell vanaf Boksburg in die Oos-Rand na die SuidKaap verhuis en sy gesin in Wilderness gevestig.

Nell se liefde vir sy volk, taal en kultuur, is die dryfveer wat hom in sy politieke loopbaan stuur. Tydens ‘n onderhoud met die George Herald wil Nell sekere wankonseps­ies oor die party uit die weg ruim. “Ofskoon die kenteken en kleure van die party se embleem en konserwati­ewe beleid baie ooreenstem met die van die Konserwati­ewe Party van ouds, is die NKP nie so daarop gefokus dat ‘n mens jouself as ‘n ras moet identifise­er nie,” het Nell gesê. “Die kleur van jou vel is ‘n byproduk van jou kulturele identiteit en jou voorvaders. Daar is tog ook baie bruin mense wat hulself Afrikaners noem, omdat ons ‘n gemene taal, godsdiens en elemente van kultuur deel. Die oomblik as jy vir iemand sê jy is ‘n Afrikaner en hulle sien jy is wit, dan aanvaar hulle jy is ‘n rassis, en dit is vir my verkeerd.” Op ‘n vraag of hy ooit die land sal verlaat, antwoord Nell met ‘n besliste “nee”. “My voorvaders het bloed en sweet in die grond gesit om hier te wees. Wat gee my die reg om anders te besluit?” Sy Engelse naam en van is te danke aan Skotse voorsate. Nell is ‘n Steve Hofmeyr-aanhanger, alhoewel hy nie altyd saamstem met alles wat die sanger kwytraak nie. “Ek hou van ‘n man wat reguit praat. Ek stem nie saam met al sy opinies nie, maar dit is sy demokratie­se reg om dit te kan sê. Immers praat ons dieselfde taal van vryheid en die reg as ‘n volk om te self beskik. Dit maak nie saak wat jou beginsels is nie, as jy ANC of EFF is en jy staan op vir jou beginsels, dan respekteer ek dit. Netso moet mense Hofmeyr en die Afrikaner en Boer in die breë ook respekteer vir hul beginsels.”

 ??  ?? William Nell, provinsial­e leier (alle Kaap-gebiede) van die Nasionale Konserwati­ewe Party. Foto: Michelle Pienaar
William Nell, provinsial­e leier (alle Kaap-gebiede) van die Nasionale Konserwati­ewe Party. Foto: Michelle Pienaar

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa