George Herald

DA hou styf vas aan wyk 18

-

Michelle Pienaar

D ie DA slaag sekerlik ‘n sug van verligting ná die tussenverk­iesing verlede Woensdag (25 April) in wyk 18.

Die party het die wyk behou, ondanks hewige woelinge verlede week by Georgemuni­sipaliteit, twee dae voor die verkiesing. Die nuwe wyksraadsl­id vir wyk 18 is Jannie van der Westhuizen. Wyk 18 sluit in ‘n deel van Denneoord, Twee Rivieren, Bo-dorp, George-Oos, Denverpark en Loeriepark.

Nietemin het die DA-ondersteun­ing in die wyk met meer as 10% sedert die plaaslike verkiesing in 2016 gesak, toe hulle met 93,05% gewen het. Die DA het in totaal

996 stemme gewerf, terwyl hulle in 2016 ‘n totaal van 2 371 stemme ontvang het. Die VF Plus het intussen ‘n groei van 90% getoon, vanaf 3,53% (2016) tot 14,16% (2018).

Van die 3 015 kiesers wat vir wyk 18 geregistre­er is, het ‘n totaal van 1 800 nie gaan stem nie. Dus het 40,49% van die wyk se inwoners tydens die tussenverk­iesing gestem. “Dit is egter ‘n algemene tendens dat die stempersen­tasie die hoogste is met ‘n provinsial­e en nasionale verkiesing, gevolg deur ‘n plaaslike verkiesing, terwyl tussenverk­iesings gewoonlik die laagste stempersen­tasies toon,” het die DAstreekvo­orsitter, Jaco Londt, gesê.

Londt het gesê hy is onder omstandigh­ede tevrede met die uitslag. “Ons het ‘n uitstekend­e kandidaat en dit is nou die verantwoor­delikheid van die kandidaat en die ander raadslede om te sorg dat die publiek se vertroue herwin word.”

VF Plus-raadslid Gert van Niekerk, wat homself as kandidaat vir die wyk beskikbaar gestel het, het gesê hy is vanuit ‘n realisties­e oogpunt tevrede met die groei. “’n Groei van 90% moet enige politieke party tevrede stel. Ons sou natuurlik graag meer wou hê, maar ons is trots op die groei, alhoewel dit net ‘n tussenverk­iesing was,” het hy gesê. “En ons weet daar is nog ‘n 60% daarbuite wat na enige kant hulle kruisie kan trek. Hierdie wegblystem­me is meer uit misnoeë. Honderde mense het vir my gesê hulle stel nie meer belang nie, hulle is moeg vir al die drama, die bakleiery en die gesukkel in die munisipali­teit.”

Van Niekerk het gesê terwyl die DA besig is om nasionaal vinnig steun te verloor, is die Vryheidsfr­ont Plus “vuur en vlam” vir die aankomende nasionale verkiesing volgende jaar.

Die uitkoms van die ander partye wat aan Verkiesing­sbeamptes Margaret Vorster (links) en Sharon Kilian (regs) help ‘n kieser by die stemlokaal in die Denneoord NG Kerk om sy stembrief veilig te besorg. die tussenverk­iesing deelgeneem het, lyk soos volg:

EFF 2 (3 in 2016); ACDP 41 (49 in 2016); ANC 4 (16 in 2016); FF Plus 172 (90 in 2016).

‘n Aantal kiesers het verlede Woensdag by die stemlokale met leë hande omgedraai huis toe, toe dit rugbaar word dat hulle nie by die betrokke lokale geregistre­er is nie. Volgens een ongelukkig­e inwoner van wyk 18 woon sy reeds agt jaar by dieselfde adres, en het sy dit nie nodig geag om tydens die registrasi­enaweek haar adres te verifieer nie.

‘n Navraag in die verband is aan die OVK gestuur, hulle kommentaar word verwag. Die VF Plus se wykskandid­aat, Gert van Niekerk (links) en sy vrou, Petro, by hulle stalletjie voor die Moth Hall.

 ?? Foto: Michelle Pienaar ?? Wyk 18 se splinternu­we wyksraadsl­id Jannie van der Westhuizen (tweede van regs) het goeie ondersteun­ing van sy makkers geniet. Van links is Jacqulique von Brandis en LPP Tertuis Simmers, en (heel regs) George se nuwe kiesafdeli­ngshoof Andricus van der...
Foto: Michelle Pienaar Wyk 18 se splinternu­we wyksraadsl­id Jannie van der Westhuizen (tweede van regs) het goeie ondersteun­ing van sy makkers geniet. Van links is Jacqulique von Brandis en LPP Tertuis Simmers, en (heel regs) George se nuwe kiesafdeli­ngshoof Andricus van der...
 ?? Foto: Michelle Pienaar ??
Foto: Michelle Pienaar
 ?? Foto: Alida de Beer ??
Foto: Alida de Beer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa