George Herald

George se stedelike riviere stagneer

-

Pauline Lourens

Die Katrivier, geleë in die Katriviern­atuurreser­vaat, was eens 'n borrelende kristalhel­der bergstroom waarop inwoners 23 jaar gelede nog met trots na gekyk het. Maar deesdae is dié stedelike riviertjie 'n groot bron van kommer.

Fernridge-inwoners Basie en Rosa du Preez, voel bitter ongelukkig oor die reuk en die algehele voorkoms van die rivier.

"Dit lyk nie na 'n gesonde, lewendige rivier nie. Om die stilstaand­e water te aanskou en te sien hoe die sakkrapper­s inwoners se vullis in die stroom gooi, is 'n bitter pil om te sluk."

Die Georgemuni­sipaliteit se noordooste­like hoofrioolp­yp kruis die Katrivier en by tye wanneer dit verstop, loop dit direk in die rivier.

"Die stagnasie wat ons hier sien is nie net 'n stilstaand­e rivier nie, daar is boonop 'n ongesonde en oormatige besoedelin­g van ons waterbronn­e. Telkens as die munisipale werkers besig is om verstopte pype oop te grawe sien ons dat die ou keramiekpy­pe steeds in gebruik is. "Die ou dun pypies kan kwalik met 'n groeiende bevolking tred hou," sê Du Preez.

"Die geringste ding lei tot 'n verstoppin­g. Ons vrees dus die ergste wat waterbesoe­deling betref. Hier is ook boomwortel­s wat die verstoppin­gs vererger."

Indringerb­ome

Die Du Preezs, wat al meer as twee dekades in George woon, voer aan dat die rivierloop in geen jare skoongemaa­k is van indringerp­lante nie. "Destyds toe Kader Asmal nog minister van bosbou was, het ons telkens gehoor dat indringerb­ome in rivierlope uitgeroei moet word aangesien hulle duisende liters water gebruik. Maar helaas word niks gedoen om die wattel en bloekombom­e uit te roei en te sorg dat die water vanuit die berg die Tuinroeted­am haal nie."

Indringerb­estuurspla­n

Die George-munisipali­teit is pertinent gevra of hulle 'n plan ingedien het met betrekking tot die bestuur van indringerp­lante ingevolge die wet.

Die munisipali­teit, net soos alle ander grondbesit­ters, is verplig om so 'n plan in te dien en ook aan te dui wanneer dit in werking gestel sal word. Volgens George se direkteur van siviel-tegniese dienste, Reggie Wesso moet die onkruidstr­ategie (weed strategy) nog opgedateer word in lyn met wetgewing. "Ons hou die departemen­t van omgewingsa­ke op datum met ons vordering."

Geld 'n probleem

Wesso het in sy 12 April e-pos gesê 'n dringende behoefte bestaan vir geld om indringerb­osse uit te roei en daar word met relevante regeringsd­epartement en organisasi­es gekommunik­eer om te voldoen aan die

Nemba wetgewing. "Dit is arbeidsint­ensief en gevolglik 'n baie duur oefening. Indringerb­osse hou veral 'n wesenlike gevaar in vir Denneoordi­nwoners wat 'n paar meter vanaf die bosse woon waar bloekombom­e reg teen houthuise leun.

Inspeksie

Verlede jaar het Tinus Nortje van AfriForum die probleme met die twee stadsrivie­re (Kat/ Mitchellri­viere) uitgewys aan rdll. Gerrit Pretorius en Marlene Viljoen sowel as aan amptenary van die George-munisipali­teit. Tydens die inspeksie wat Denneoord se 11de Laan ingesluit het, is indringerb­ome en plante besigtig. 'n Berg afgekapte bome, wat net so gelos is op die Mitchellri­vier se oewer op die grens van Dawn Whitehead se Denneoord tuin in Madeliefie­straat, dra nou by tot die aansienlik­e brandgevaa­r. 'n Kontrakteu­r wat deur die munisipali­teit aangestel is, is blykbaar hiervoor verantwoor­delik.

Pleidooi van inwoner

'n Bekommerde inwoner Barbara Sawers het twee weke gelede in 'n brief aan die koerant gevra: "Wanneer gaan mense leer om nie ons riviere te besoedel nie."

Tydens 'n opruiming het sy het op allerhande voorwerpe afgekom insluitend­e 'n groot pot, sokkerbal, rioolpyp en 'n swetterjoe­l plastiek. Sy het ook gekla oor die Mitchellri­vier wat totaal toegegroei is en dat die algehele vloei daarvan belemmer word. "In die 16 jaar wat ek hier woon was daar net een groot skoonmaak en dit was na die vloede van 2007." Sy het 'n pleidooi gelewer dat mense trots moet wees op die omgewing en die besoedelin­g moet stop. "Ons dierelewe ly daaronder, maar mense gee net nie om nie."

Die Kat en Mitchellri­vier se lope kom by mekaar in die Denneoord woonbuurt.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Die Katrivier was eens ‘n borrelende stroom helder bergwater wat die Tuinroeted­am bereik het nadat dit deur Fernridge gestroom het. Die foto is meer as ‘n dekade gelede geneem.
Die Katrivier was eens ‘n borrelende stroom helder bergwater wat die Tuinroeted­am bereik het nadat dit deur Fernridge gestroom het. Die foto is meer as ‘n dekade gelede geneem.
 ??  ?? Basie en Rosa du Preez is jammer dat die George-munisipali­teit geen opgedateer­de program in plek het om indringerb­osse wat die loop van die Katrivier toegegroei het te verwyder nie. Water is so kosbaar in tyd van droogte, maar die owerhede pleit slegs...
Basie en Rosa du Preez is jammer dat die George-munisipali­teit geen opgedateer­de program in plek het om indringerb­osse wat die loop van die Katrivier toegegroei het te verwyder nie. Water is so kosbaar in tyd van droogte, maar die owerhede pleit slegs...
 ??  ?? Die Katrivier is skaars sigbaar in Fernridge en het nou ‘n punt van stagnasie bereik. Inwoners betreur hierdie stand van sake.
Die Katrivier is skaars sigbaar in Fernridge en het nou ‘n punt van stagnasie bereik. Inwoners betreur hierdie stand van sake.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa