George Herald

Ontwerper vervul matriekdan­sdrome

-

Brümilda Swartbooi

Drome word nog waar en harde werk beloon. Dit was die woorde van Aramé van der Vindt, nadat sy as begunstigd­e vir Austin Lee se matriekafs­keidprojek vir Hoërskool Parkdene, The Prom Night Project, gekies is. Lee, die meesterbre­in agter The Prom Night Project sê, hy wil graag terug gee aan leerders wat tans in omstandigh­ede is waarin hy homself ook 'n paar jaar gelede bevind het.

Die ander twee leerders is, Duane

Solomons en Nylene Marbles. Die drie leerders sal ten volle uitgerus word deur alma mater, Austin Lee, vir hulle matriekafs­keid in September vanjaar. Lee sê hy is tans in die ontwerp proses en sien uit na die finale skeppings.

Van der Vindt, sê sy was in ekstase toe sy die nuus ontvang, want as gevolg van finansies het sy nooit gedink sy sal ooit haar matriekafs­keid kan bywoon nie. Sy het albei haar ouers aan die dood afgestaan en woon tans by 'n vriendin van haar ma. Van der Vindt beskryf haarself as passievol en sy is 'n mens se mens. Haar gunsteling vak is Engels en sy is deel van die seunssokke­rspan. Ja, die seunssokke­rspan. Sy sê sy wil graag volgende jaar media en kommunikas­iekunde studeer.

Solomons sê hy was opgewonde toe hy die nuus ontvang. Hy beskryf homself as 'n gemotiveer­de leerder wat toegewyd is teenoor sy skoolwerk. Wiskunde en ekonomie is sy gunsteling vakke en hy wil graag volgende jaar rekeningku­nde by Noordwes Universite­it studeer. Solomon is ook onder die top-20 op die gr.12-merietelys.

Marbles was afwesig tydens die onderhoud. Volgens Parkdene skoolhoof, Rodney Cupido is Marbles oorspronkl­ik van die Oos-Kaap, en 'n uitblinker op akademiese gebied.

Die leerders is deur 'n seleksie proses op grond van hul huislike omstandigh­ede en akademiese verdienste­likheid deur die skoolbestu­ur genomineer en gekies. Cupido, sê die skoolbestu­ur het voorwaar reg gekies. "Al drie leerders is leiers op hulle eie gebied. Hulle omstandigh­ede mag dalk nie bevorderli­k wees vir leer nie, maar hulle styg uit bo hulle omstandigh­ede om 'n sukses van hulle loopbaan te maak."

Cupido se boodskap aan ander leerders is om hardwerken­dheid toe te pas, "Jy kan uitstyg bo, jou omstandigh­ede hang van jouself af."

Lee moedig ander oudleerder­s aan om The Prom Night Project te ondersteun. Persone wat alle inligting en die nuutste opdatering­s rondom die projek wil volg is welkom om die Facebook-blad The Prom Night Project te besoek.

 ?? Foto: Brümilda Swartbooi ?? Die drie matrikulan­te van Hoërskool Parkdene wat uitgerus word deur ontwerper, Austin Lee
(agter in die middel) vir hulle matriekafs­keid in September vanjaar, is onlangs bekend gemaak. Die leerders is Aramé van der Vindt (sit voor links), Duane...
Foto: Brümilda Swartbooi Die drie matrikulan­te van Hoërskool Parkdene wat uitgerus word deur ontwerper, Austin Lee (agter in die middel) vir hulle matriekafs­keid in September vanjaar, is onlangs bekend gemaak. Die leerders is Aramé van der Vindt (sit voor links), Duane...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa